‘Broekloses’ se pretrit loop skeef

2011-01-10 23:28
Van die mense wat gister aan die “eerste jaarlikse

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die organiseerders van die “eerste jaarlikse geen-broek-Gautrein-rit” het ’n regsmening ingewin oor die manier waarop hulle eergister op die Kempton Park-stasie gehanteer is.

’n Klompie mense se broeklose pretrit (net in sjoebroekies en bokser-onderbroeke) het ’n rit na die polisiekantoor geword toe die owerhede besluit het hulle vang “iets onwettigs aan”.

Maar toe hulle by die polisiekantoor aankom, het niemand geweet waarvan die 34 mense wat gearresteer is, nou eintlik aangekla moet word nie, het mnr. Kuba Granicki vertel.

Granicki was een van sowat 100 mense wat eergister sy broek laat waai het. Dié geleentheid is deur mnr. Ben Pienaar (32) op Facebook gereël in reaksie op ’n uitnodiging aan mense wêreldwyd om ’n stoute treinrit mee te maak ter herdenking van die eerste broeklose treinrit in New York tien jaar gelede.

Die groep mense het omstreeks 15:00 by die Rhodesfield-stasie in Kempton Park bymekaargekom om na die Sandton-stasie toe en terug te ry.

Toe die deure toegaan, het hulle soos een man opgestaan, hul broeke uitgetrek en dit in hul handbagasie geprop.

“Dit was verskriklik snaaks. Almal het weer gaan sit en gemaak of dit die natuurlikste ding op aarde is. Party het boek of koerant gelees en ander het na musiek op hul iPods geluister. Mense het hulle openlik aangestaar en lekker gelag.

“Dit was glad nie onsedelik nie. Die meeste meisies het sjoebroekies gedra, terwyl mans bokser-onderbroeke aangehad het,” het Granicki gesê.

Terwyl hulle op pad terug van Sandton was, het Gautrein-veiligheidswagte die groep “omsingel”. “Toe die trein op Rhodes­field stop, het ons uitgeklim, maar so 34 van ons is teen ’n muur vasgekeer.”

Hulle is geboei en na die Kempton Park-polisiekantoor geneem. Daar het hulle glo drie uur gewag om aangekla te word.

“Hulle wou ons eers van openbare onsedelikheid aankla, maar het toe besef daar wás geen onsedelikheid nie. Toe wou hulle ons van ’n onwettige bymekaarkoms op ’n openbare plek aankla.”

Uiteindelik het die polisie hulle net laat gaan.

Die Bombela- operasionele diens het daarna ’n “boete” van R700 aan elkeen opgelê. Dit kan verminder word tot R350 as dit binne 30 dae betaal word.

Op Granicki se boete staan hy is beboet weens “verkeerde kleredrag”, terwyl ander glo beboet is omdat hulle “ ’n Gautrein-reël oortree” het.

Pienaar het op sy Facebook-profiel gesê hy kry ’n regsmening namens almal.

Dr. Barbara Jensen, woordvoerder van die Gautrein, het gesê dit is “nie die plek” om só iets aan te vang nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
206 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

JD Edwards BA

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Financial Controller

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Management Accountant

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 2.2 D-4D VX 4x4 Dsl MY06
2007
R 279,900.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2004
R 121,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.