Bushie en Byleveld gaan nou privaat ondersoek

2010-09-06 22:13

Byleveld

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die afgetrede top-polisiemanne brig. Piet Byleveld en genl.maj. Bushie Engelbrecht gaan hulle nou op private ondersoeke toespits.

Byleveld en Engelbrecht het gister aangekondig hulle gaan spesifieke ondersoeke en korporatiewe projekte vir die private veiligheidsmaatskappy CSS Tactical hanteer.

Byleveld is onder meer daarom bekend dat hy die Sheldean Human-moord opgelos en die ontvoerde me. Leigh Matthews (21) se moordenaar, Donovan Moodley, vasgetrek het.

Lede van die Amerikaanse federale polisiediens (FBI), die Londense metropolisie (Scotland Yard) en die Kanadese en Israelse polisie het al by Byleveld aangeklop om hulp met ondersoeke na reeksmoorde.

Byleveld het in Junie afgetree.

“Die polisie was my passie die afgelope 38 jaar,” het hy gesê.

“Dit sal vir die res van my lewe my missie wees om die boodskap van geregtigheid te verkondig. As ek alles waarin ek glo en verteenwoordig moet opsom in een woord is dit hoop.”

Engelbrecht het onlangs afgetree ná 43 jaar in die polisie.

Hy was 16 jaar oud toe hy by die polisie aangesluit het en het in 2002 die adjunk- provinsiale kommissaris van die polisie se misdaadintelligensiediens in Gauteng geword.

Hy het aan verskeie hoë-profiel-ondersoeke gewerk, onder meer die Shobashobane-moorde in Port Shepstone en die Richmond-moorde in KwaZulu-Natal.

Engelbrecht, wat verskeie polisiepryse ontvang het, het polisie-opleidinghandleidings en ’n boek oor sy ondersoeke na die politieke geweld in KwaZulu-Natal geskryf.

Mnr. Ricky Croock, sakehoof van CSS Tactical, het gesê die ondervinding wat Byleveld en Engelbrecht tot dié maatskappy kan bydra, is onskatbaar.

 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY02
2003
R 95,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

MINI

Cooper Hatch R56 1.6 3-dr
2008
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.