Buurman soek ná hy glo worshond verwurg

2009-12-23 04:22

Die polisie is op soek na ’n man wat glo ’n Pretoriase gesin se worshond “wat soos ’n kind in die huis was”, verwurg het.

Terwyl die bloed by Ben se bek uitgeloop het, het die 19-jarige man, ’n buurman van die Jones-gesin van Ninapark in die noorde van Pretoria, glo aanhoudend vir mnr. Ken Jones gesê: “Jammer, oom.”

Volgens Jones het hulle dié man, na bewering ’n oudleerling van die Suiderbergskool vir leerlinge met leergestremdhede, sowat drie weke gelede genader om vir hulle houtwerk te doen.

Toe Jones, sy vrou, Hermien, en 15-jarige dogter, ook Hermien, Woensdag van Johannesburg af by die huis kom, was Ben van sy snoet tot by sy middellyf nat. Hy het ook kneusplekke aan die binnekant van sy agterbene gehad. Die buurman kon nie die klamheid of die merke verduidelik nie.

Donderdag het Jones omstreeks 09:00 by die huis aangekom. Jones het om die huis na agter gestap en Britney, hul ander worshond, gekry waar sy op ’n tafel binne ’n vragmotor se binneband gesit het.

Britney was ook tot by haar middellyf nat. Sy is vermoedelik nes Ben kop eerste in ’n fontein voor die gesin se voordeur ingedruk.

“Ek het vir hom (die buurman) gevra hoekom Britney nat is.”

“Hy het gesê die hond het hom gepla. Ek het gesê die honde is soos my kinders en dat hy eerder moet huis toe gaan.

“Ek het Ben begin soek en hom saam met die groot hond in sy hok gekry. Die bloed het by sy mond uitgeloop. Ek het hom gegryp en veearts toe gejaag.

“By die veearts het ek die man gebel en gevra wat hy met Ben gemaak het. Hy het net heeltyd ‘jammer, oom’ gesê. Ek het hom weer gevra wat hy met Ben gemaak het. Hy het gesê hy het hom verwurg.”

Ben is behandel en huis toe geneem. Jones het hom op die bed gaan neerlê waar hy sowat twee uur later dood is.

Luidens die nadoodse ondersoekverslag het Ben kneusplekke onder die vel oor die borskas-area gehad asook gebreekte ribbes wat die longe geperforeer het.

“Die hond het hom doodgebloei deur die longe. Die trauma is weens ’n impak,” lui die verslag.

Volgens mev. Jones het die buurman sedert die voorval nog nie een keer ’n verduideliking vir sy beweerde optrede gegee nie.

“Ná Ben se dood moet ek luister hoe my dogter haarself aan die slaap huil en hy gaan aan met sy lewe,” het sy gesê.

Konst. William Mahlaole, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie weet wie die verdagte is en is op soek na hom om hom op aanklag van dieremishandeling te arresteer.

- Beeld

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Account Manager

Western Cape - Cape Town
Media24

Designer

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Sub-editor: Visi

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...