Bylmoordenaar kry 2 keer lewenslank

2010-06-14 22:14

Mnr. Danie Pienaar, sy dogter, Charmaine, en seun, Frikkie, gister verlig en tevrede buite die rondgaande hof in Vereeniging nadat die moordenaar van mev. Heila Pienaar, hul vrou en ma, lewenslange tronkstraf opgelê is. Foto: Sonja van Buul

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Jong vrou het gister hier toegekyk terwyl die man wat haar met ’n oopgekapte skedel langs haar ma se lyk gelaat het nadat hy dié ook met ’n byl aangeval het, twee keer lewenslange tronkstraf opgelê word.

Regter David Spilg het Victor Nyezineu (25) vroeër in die rondgaande hof in Vereeniging skuldig bevind aan die moord op mev. Heila Pienaar (42) en poging tot moord op haar dogter, Charmaine (20).

Hy is ook tien jaar tronk toe gestuur weens die roof van R2 000.

Nyezineu het mnr. Danie Pienaar (43) se skrootonderneming in Waldrift op 1 Oktober 2008 met ’n byl binnegestap om te roof en te moor, het die regter bevind.

Charmaine het sowat ses uur lank met ’n oopgekapte skedel langs haar ma se lyk gelê.

Nyezineu, ’n onwettige immigrant van Zimbabwe, is 12 dae later in hegtenis geneem.

Die hof het gehoor hy het as jong seun vee opgepas, maar in 2002 na Suid-Afrika gekom op soek na ’n beter lewe.

Hy was glo in geldnood toe hy verlede jaar ná sy broer se dood na sy tuisland wou gaan om sy ma by te staan.

Adv. Kgomotso Tloane, vir die verdediging, het ter strafversagting aangevoer Nyezineu se wandade sal nie net sy ma verpletter nie, maar kan selfs tot haar dood lei.

Volgens Spilg het Nyezineu vooraf beplan om Charmaine en haar ma te vermoor om te keer dat daar enige getuies van die rooftog is.

Nyezineu het kort-kort sy kop geskud terwyl Spilg hom gevonnis het.

Mnr. Pienaar, sy seun, Frikkie, en Charmaine het gespanne na die vonnisoplegging geluister, maar was sigbaar verlig toe hulle besef Nyezineu gaan baie jare agter tralies deurbring.

“Ons is baie tevrede met die vonnis,” het Pienaar sr. buite die hofgebou aan Beeld gesê.

 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T FSi Attraction MY09
2008
R 209,900.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2008
R 329,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.