Cele: Ras nie die rede vir misdaad

2009-09-03 01:03

Misdadigers is nie rassisties nie. Hulle teiken mense oor wat hulle het en nie oor hul velkleur nie.

So het komm. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, gister gesê in reaksie op die vlugtelingstatus wat Kanada aan mnr. Brandon Huntley (31), ’n wit Suid-Afrikaner, gegee het.

“Daar is verlede jaar by my huis ingebreek. Dit was oral in die koerante dat by die huis van die LUR belas met veiligheid ingebreek is. Ek is swart en is steeds swart. Hulle kyk nie na swart of wit nie. Dit gaan oor wat jy het en wat hulle kan kry,” het Cele gesê.

Hy het op die 14de jaarvergadering van die organisasie vir samewerking tussen polisiehoofde in die Suider-Afrikaanse streek (Sarpcco) in Kempton Park gepraat.

Huntley het in sy aansoek beweer hy sal “verdruk” word weens sy velkleur as hy hierheen terugkeer. Volgens hom is hy al sewe keer aangeval en ’n “boer” en “wit hond” genoem.

Beeld het betroubaar verneem Huntley het nooit ’n klag oor enige van die voorvalle by die polisie ingedien nie.

Me. Sue van der Merwe, adjunkminister van internasionale samewerking en ontwikkeling, het gister haar departement se misnoeë met die saak te kenne gegee.

Sy het in die parlement gesê ’n “kwasi-regeringsraad” van Kanada het besluit oor die toestaan van vlugtelingstatus en dat sy die betrokke Kanadese minister sal versoek om die saak te hersien. “Ons wil weet waarom die Suid-Afrikaanse hoëkommissaris nie in die saak geken is nie.”

Volgens mnr. Russell Kaplan, Huntley se regsverteenwoordiger, is dit onwaarskynlik dat die beslissing hersien sal word.

“In my ervaring die afgelope tien jaar het dit nog nooit gebeur nie,” het hy eergisteraand gesê. “Die Suid-Afrikaanse regering kan nie appelleer teen die beslissing nie, want hulle was nie ’n party nie. Die Kanadese regering is die enigste ander party en kan appelleer.”

Hy het gesê Huntley wil nie met die Suid-Afrikaanse media praat nie omdat hy vrees vir sy familie se veiligheid.

Mnr. Pieter Groenewald van die VF+ het gister in die parlement gesê die ANC vereenvoudig die saak deur dit as rassisties te brandmerk. “Ek weet van wit mense wat as ‘wit honde’ deur die polisie uitgekryt is.” Hy sê die ANC het ’n verantwoordelikheid om negatiewe persepsies te verander.

Groenewald is later hewig gekritiseer deur mnr. Malusi Gigaba, die adjunkminister van binnelandse sake. “Die feit is, hierdie heer (Huntley) het misleidend en uittartend opgetree. Die blote feit dat hy geld gehad het om in Kanada uit te kom, is ’n bewys van hoe bevoorreg hy eintlik is,” het Gigaba gesê.

Huntley het gister op die sosiale netwerk Facebook gevra joernaliste moet sy vriende uitlos. “Hulle het niks daarmee te doen nie, dankie,” het hy geskryf. Verskeie Facebook-groepe?–?vir én teen Huntley?–?is intussen gestig.

*? Verslagspan: Retha Grobbelaar, Wolfram Zwecker, André Damons, Julian Rademeyer en Liesl Peyper.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.