Chaskalson wys vinger na ANC

2012-01-29 21:31

Die regering moet aanvaar dis die taak van die howe om toe te sien dat die oppergesag van die Grondwet altyd die botoon voer.

Só het oudhoofregter Arthur Chaskalson op ’n regsbyeenkoms by die Universiteit van Kaapstad gesê.

Hy het in baie beskaafde taal ’n onverbloemde vingerwysing na die ANC en die regering gemik om die howe toe te laat om hul werk ingevolge die Grondwet en sonder vrees te kan doen.

Al is die regering en selfs sy beleid in die konstitusionele hof of ander howe onder die soeklig, moet die regering aanvaar dis die howe se taak om die opper­gesag van die Grondwet te beskerm.

As kritici wat die Grondwet die skuld gee vir ’n te stadige transformering van die regbank ’n regsorde wil hê soos dié in die apartheidsera – waarin menseregte nie gewaarborg word nie en waar die parlement die oppergesag is en nie die Grondwet nie – “moet hulle so sê sodat ’n verstandige, openbare debat oor sulke sake kan plaasvind”.

“Gegewe die land se geskiedenis sal transformasie altyd moeilik wees.

“Daar is egter geen rede om die howe die skuld daarvoor te gee nie.”

Chaskalson het pres. Jacob ­Zuma by die naam genoem en verwys na ’n toespraak waarin Zuma gesê het die uitvoerende gesag het die eksklusiewe diskresie om oor regeringsbeleid te besluit.

“Dit is korrek dat die uitvoerende gesag oor beleid besluit, maar dit is net die helfte van die verhaal.

“Die ander helfte is dat regeringsbeleid met die Grondwet versoenbaar moet wees.

“As dit nie is nie, is dit die plig van ’n hof om so te sê en die beleid ongeldig te verklaar.”

Diegene wat politieke mag uitoefen, hou nie daarvan dat die howe wigte en teenwigte ten opsigte van hul besluite gebruik nie, maar dit is juis wat in ’n grondwetlike demokrasie vereis word, het Chaskalson bygevoeg.

Hy het verwys veral na eiendomsreg in die lig van grondhervorming en gesê die Grondwet waarborg nêrens ’n beleid van “gewillige verkoper; gewillig koper nie”.

Maar, het hy gesê, die Grondwet maak voldoende voorsiening vir die onteiening van grond vir grondhervorming en die regering kan maklik “’n redelike grondverdelingsbeleid aanvaar”.

Die ANC-jeugliga het in die laaste maande sterk voorspraak gemaak vir ’n beleid wat die regering die reg gee om mense te dwing om hul grond aan die staat te gee, ondanks die grondwetlike proses waarna Chaskalson verwys het.

 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bfn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Receptionist

Richards Bay, South Africa
Hutech International Group
R5000

Ward PA

Richards Bay, South Africa
Hutech International Group
R5000 - R6000

Project Manager

Bryanston, Sandton, South Africa
Key Recruit
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.