Christendom groei vinnig

2011-12-21 05:13

Die Christendom is verreweg die wêreld se grootste geloof, groter as die Islam. Terselfdertyd word die swaartepunt van die Christendom van die Weste na Asië en Afrika verskuif.

Dít is die belangrikste gevolgtrekkings van ’n omvattende verslag van die Amerikaanse navorsingsinstituut Pew.

Luidens die verslag is daar tans 2,18 miljard Christene ter wêreld, oftewel meer as ’n derde van die wêreldbevolking. Daar is sowat 1,6 miljard Moslems, of 23,4% van die wêreldbevolking.
Die Christendom groei ook vinniger as die Islam.

Dalk die belangrikste element van die verslag is egter die ontwikkeling van Christene se geografiese verspreiding. In 1910 het Europa en die Amerikas byna 93% van die Christene bevat; ’n eeu later was dit slegs 62,7%.

Daarteenoor het die persentasie Christene wat in Asië en Afrika woon, in dieselfde tyd van 5,6 tot 36,7 toegeneem. Die Midde-Ooste en Noord-Afrika – bolwerke van die Islam – bevat die minste Christene, te wete 0,7% in 1910 en 0,6% ’n eeu later.

Die studie wys dat die Christendom in Afrika suid van die Sahara geweldig gegroei het. In 1910 het iets meer as 8,5 miljoen Christene (9,1% van dié streek se bevolking) daar gewoon; teen 2010 het dié getal tot meer as
516 miljoen (62,7%) gestyg.

Die ooreenstemmende syfers vir Asië is 27,5 miljoen (2,7%) en 285 miljoen (7%).

Meer as die helfte van die wêreld se Christene is Rooms-Katoliek en 36,7% Protestants. 11,9% behoort aan een van die Ortodokse Kerke.

Wat Suid-Afrika betref, sê die verslag daar woon 40,6 miljoen Christene in die land.

2,18
miljard Christene ter wêreld.
1,6
miljard Moslems ter wêreld.
40,6
miljoen Christene in Suid-Afrika.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Controller

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Management Accountant

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Management Accountant

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 2.2 D-4D VX 4x4 Dsl MY06
2007
R 279,900.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2004
R 121,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.