Cullinan-man in sitkamer doodgeskiet
2009-10-05 11:36
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Booswigte het 'n 40-jarige man op sy kleinhoewe in die Cullinan-distrik, oos van Pretoria, doodgeskiet.
Die man se vrou het die honde Sondagnag hoor blaf en het gaan ondersoek instel, het konst. Sally Skosana, polisiewoordvoerder, Maandag gese.
Dit blyk dat die egpaar se dogter gesien het toe haar ma en onbekende mans die huis binnegaan en sy het haar pa gaan wakker maak.
Volgens Skosana is die man in die sitkamer doodgeskiet.
Die rowers het met 'n skootrekenaar en twee selfone gevlug. - Virginia Keppler
Lees die volledige berig Dinsdag in Beeld.