DJ Ossewa is van nou ’n trio

2010-09-06 22:13

DJ Ossewa sal voortaan net uit drie lede bestaan.

“Ons is nie van plan om ’n ander kunstenaar in Dwayne se plek te kry nie, want daar is net een Raapie,” het mnr. Marnus Bisschoff, DJ Ossewa se bestuurder, gister gesê.

Familielede, vriende en aanhangers het in die NG kerk Spioenkop in Walkerville, suid van Johannesburg, van Dwayne Venter (21), oftewel Raapie Knapie, afskeid geneem.

Die sanger Gerrie Pretorius, ’n vriend van hom, het “Amazing Grace”, gesing.

Dit was die lied wat Venter die meeste op sy eerste trekklavier gespeel het, die trekklavier wat hy as sesjarige saam met sy oupa, mnr. Dennis O’Neil, by ’n tweedehandse winkel gekoop het.

Die kleurbaadjie wat hy as Raapie op die verhoog gedra het, het op sy kis gelê en sy nuutste, rooi trekklavier is voor in die stampvol kerk tussen blomruikers uitgestal.

Venter, wat deur sy vriende as “’n groot kunstenaar” bestempel is, is op 29 Augustus dood toe die bussie waarin DJ Ossewa gery het op die N4-snelweg naby Brits teen ’n VW Polo gebots het.

Hy was die enigste kind van mnr. Mike en mev. Venessa Venter van Walkerville.

Die ander drie DJ Ossewa-lede – Jerbes de Bruyn (Die Leeuboer), Riaan van Wyk (Daniel Jakobus Ossewa) en Pieter Rischmüller (Piet Pompies) – het huldeblyke aan hom gebring.

“Jy het ons altyd baie laat lag. Wie sou gedink jy sal ons so baie laat huil?” het Van Wyk gesê.

De Bruyn het vertel Venter het die rol van Raapie, ’n dom skoolseun, so goed vervul dat mense ná hul vertonings soms “stadig met hom gepraat het”.

Venter en sy vriendin, me. Maresa Bothma (23), was van plan om in Desember verloof te raak ná ’n verhouding van drie jaar.

“Jy was en sal altyd my held bly,” het sy in haar huldeblyk gesê.

Sy het Venter “vermaan” en gesê: “Bobby van Jaarsveld het jou nie beter as ek gesoen nie.”

Dit verwys glo na ’n skertsery omdat Van Jaarsveld dikwels gespog het hy soen Raapie “beter” as Bothma wanneer hy met ’n lekker klapsoen laat waai het.

Van Jaarsveld was ook by die dankseggingsdiens.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY02
2003
R 95,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

MINI

Cooper Hatch R56 1.6 3-dr
2008
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.