De Kock ‘oor 2 weke vry’

2010-01-22 00:53

Kaapstad. – Eugene de Kock staan glo op die punt om sy sel in die Sentrale Gevangenis in Pretoria op te ruim en kan “binne twee weke tot ’n maand” as ’n vry man daar uitstap.

Volgens wye bespiegeling gister onder mense wat nou by De Kock se kwytskeldingsproses betrokke is, het pres. Jacob Zuma tydens ’n ontmoeting met hom in April verlede jaar – waaroor Beeld vroeër vandeesmaand berig het – onderneem om sy aansoek voor einde Januarie af te handel. “Hy kan oor twee weke daar uit wees,” het ’n bron gister gesê.

Sowel mnr. Kevin Woods, ’n vertroueling van De Kock, as past. Philip Kruger, sy geestelike raadgewer, kon nie gister bevestig dat ’n datum vir De Kock se vrylating al bepaal of aan hom oorgedra is nie.

Hulle het dit egter duidelik gemaak ’n verwagting is geskep dat Zuma De Kock binnekort sal begenadig.

De Kock is in Oktober 1996 in die hooggeregshof in Pretoria twee keer lewenslange tronkstraf opgelê en is tot nog 212 jaar tronkstraf gevonnis weens 86 misdrywe, waaronder ses moorde en bedrog.

Die man met die bynaam Prime Evil was van 1985 tot 1993 bevelvoerder van die veiligheidspolisie se berugte C10-teeninsurgensie-eenheid op Vlakplaas.

Woods, ’n oudspioen wat 19 jaar tronkstraf in Zimbabwe uitgedien het, sê De Kock is fluks aan’t planne maak vir ’n lewe buite die tronk, maar dat nog niks finaal is nie.

“Ons is oortuig dit gaan binne dae gebeur. Of dit met Schabir Shaik se kwytskelding verband hou, weet ons nie, maar hy sal dit vat.”

Zuma het volgens Woods gesê hy het in beginsel geen probleem daarmee dat De Kock sy plek in die samelewing inneem nie. “Die oorlog is verby. Mense moet ophou om in die verlede te leef,” het Zuma glo aan De Kock gesê.

Woods sê De Kock het kontak met sy voormalige vrou, Audrey, van wie hy geskei is. Sy het die land in 1994 saam met die egpaar se twee seuns verlaat en woon vermoedelik in Brittanje.

“Hul verhouding is goed, ondanks die afstand. Hulle is destyds noodgedwonge geskei en maak toekomsplanne. Hy sal graag weer ’n goeie verhouding met sy gesin wil hê.”

Woods beskryf De Kock as “’n sterk man met ’n goeie karakter”.

“Hy koester nie wraakgedagtes nie, maar is tog kwaad vir sy bevelvoerders, die generaals en die mense wat in leiersposisies was.”

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

BMW

320i
2005
R 149,900.00

TOYOTA

Corolla Verso 160 MPV MY05
2006
R 139,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.