De Wet, De la Rey in Vryheidspark

2010-06-30 22:22

’n Banier van genl. Christiaan de Wet hang in die Vryheidspark se heldesaal. Foto: Cornél van Heerden

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Genl. Christiaan de Wet is hier en genl. Koos de la Rey is op pad.

En hulle het ’n belangrike rol om te speel.

Die Vryheidspark se bestuur sê hy hoop hy kan die “verkeerde persepsies” oor die monument vir goed verander met die uitbeelding van dié Boeregeneraals se geskiedenis op Salvokop in Pretoria.

Dié ambiseuse staatsprojek is voorheen gebrandmerk as ’n ANC-park en ’n eksklusiewe apartheidsmuseum wat net erkenning aan sekere bevolkingsgroepe se geskiedenis gee.

Die Vryheidspark poog die laaste paar jaar om mense wat in agt hoofkonflikte in Suid-Afrika se geskiedenis – pre-koloniale oorloë, volksmoord, slawerny, weerstandsoorloë, die Anglo-Boereoorlog, die Eerste en Tweede Wêreldoorloë en die vryheidstryd – gesterf het, te vereer.

Die Vryheidspark word veral daarvan beskuldig dat hy Afrikaners stief behandel.

Tien groot leiers in die land se geskiedenis word nou as deel van ’n tydelike uitstalling, wat veral op oorsese sokkertoeriste gemik is, in die Vryheidspark se omstrede heldesaal uitgebeeld.

De Wet is een van hulle.

Dr. Wally Serote, die Vryheidspark se uitvoerende hoof, het gesê genl. De la Rey se besonder­hede sal ook binnekort in die heldegalery verewig word.

Hy het gesê De Wet se teenwoordigheid tussen die tien uitgesoekte leiers moenie as ’n regstelling beskou word nie.

Daar was verlede jaar ’n groot herrie toe die Vryheidspark die eerste name vir sy leiersaal bekend gemaak het.

Meer as die helfte het ANC-bande gehad.

De Wet was nie een van dié groep nie.

“Daar was nog nooit ’n doelbewuste benadering om Afrikaners uit te sluit nie.

Toe die name byvoorbeeld verlede jaar bekend gemaak is, was Bram Fischer daar en hy is so ’n Afrikaner soos kan kom.

“Dit is ’n gegewe dat ’n De Wet en ’n De la Rey hier vereer sal word.”

Serote het gesê hy hou by sy mening destyds oor die SAW-soldate.

Hy het in 2006 ’n storm ont­keten toe hy gesê het Suid-Afrikaanse soldate wat dood is in die bosoorlog in Namibië en Angola moenie in die Vryheidspark vereer word nie omdat hulle nie geveg het om vryheid en menslikheid nie.

“Ja, ek hou daarby, maar dit is nie vir my om te besluit nie. Ek glo ons sal nog ’n antwoord hieroor kry.”


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Management Finance Reporting

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Business Solutions Consultant

Cape Town
Communicate Cape Town IT
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 2.2 D-4D VX 4x4 Dsl MY06
2007
R 279,900.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2004
R 121,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.