Diewe jag dié Toyotas

2012-01-25 21:44

Toyota se Hilux en Fortuner-modelle was die laaste paar maande die gunstelinge onder diewe.

Ao. Annabelle Middleton, polisiewoordvoerder, het gesê dit lyk of daar ’n sindikaat is wat hulle op Hiluxe, Land Cruisers en Fortuners toespits.

Juis omdat Hiluxe en Fortuners sulke hoërisiko-voertuie is, het die Gautrein-bestuur by stasies spesifieke plekke waar dié voertuie geparkeer word, het me. Kelebogile Machaka, woordvoerder van Bombela, wat die Gautrein bedryf, aan Seugnet Esterhuyse bevestig.

Volgens Machaka is veiligheidsbeamptes op alle Gautrein-stasies deur die polisie ingelig dat dié voertuie deur diewe geteiken word.

Hoewel alle voertuie in die parkeerterreine opgepas word, hou veiligheidsbeamptes ’n spesiale oog oor Hiluxe en Fortuners, het Machaka gesê.

Mnr. Riaan Roux, wat die Gautrein daagliks gebruik, het gesê hy het aanvanklik gedink dit is ’n “foefie” toe veiligheidsbeamptes op die Hatfield-stasie in Pretoria hom vra om sy Hilux naby die ingang te parkeer.

“Ek het gedink dit is ’n scam sodat hulle my voertuig makliker kan steel,” het Roux gesê.

“Toe ek eendag by my voertuig op die tweede verdieping kom, was die wiele vasgeklamp en het veiligheidswagte om my bakkie gestaan.

“Hulle het gevra ek moet naby die ingang parkeer sodat hulle ’n ogie daaroor kan hou, want ’n hele paar voertuie is gesteel.

“Sedertdien parkeer ek op die spesiale plek wat net vir Hiluxe en Fortuners is. Die voertuie word versper.”

Middleton het gesê daar is Saterdag tussen 06:00 en 12:00 drie Hiluxe en twee Land Cruisers in onderskeidelik Lynnwood, Constantiapark en Waterkloofrif, almal in die ooste van Pretoria, gesteel.

Volgens Middleton is dit al sowat ’n jaar dat diewe Toyota-voertuie teiken.

Die meeste van dié voertuie ry in die rigting van Soweto. Dié wat teruggekry word, is gestroop aan die binnekant. Dié res word na Mosambiek en Swaziland geneem, sê sy.

Opspoorders van twee opsporingsmaatskappye wat anoniem wil bly, het gesê die Hilux en Fortuner besorg hulle die meeste probleme en word byna weekliks gesteel.

“Dié voertuie is ons prioriteit. As een gesteel word, vlieg die helikopter dadelik en ons word uitgestuur,” het ’n opspoorder gesê.

“Die voertuig met die VVT-i-enjin pas presies in die Toyota Quantum in, wat ’n taxi is. Die res gaan landuit.”

Mnr. Leo Kok, korporatiewe kommunikasiebestuurder van Toyota Suid-Afrika, het gesê die polisie het Toyota in 2010 ingelig dat sy voertuie geteiken word.

“Die polisie het ons gewys hoe die diewe die voertuie steel. Ons het in samewerking met die polisie ’n meganiese stelsel ontwerp en verfyn om te keer dat dit gebeur.

“Die stelsel kan in enige Hilux en Fortuner aangebring word,” het Kok gesê.


Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bfn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.