‘Dis buite orde!’ roep Cele toe hy ou landsvlaggie sien

2009-12-09 00:29
Cele

’n Omgekrapte komm. Bongani Ntanjana by die ou landsvlag. Foto: dries liebenberg

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Durban. – Komm. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, het gister ontstoke gereageer op ’n ou landsvlag op ’n lessenaar in ’n Metrorail-kantoor.

Cele en mnr. Nathi Mthethwa, minister van polisie, was in die stad om die polisie se misdaadbekampingsplan vir die vakansie bekend te stel.

Mthethwa het op pad na ’n konferensiesaal in die Durbanse spoorwegstasie vasgesteek toe hy die vlaggie op ’n lessenaar van ’n junior Metrorail-bestuurder gewaar het.

Hy het Cele dadelik nader geroep. Dié het vir die vrou wie se kantoor dit is, gevra wat die vlaggie op haar lessenaar soek.

Met ’n groot weergawe van die nuwe landsvlag wat teen die muur bo haar pryk en ’n Sharks-vlag in die venster, het die vrou stilweg geantwoord dis vir haar iets moois.

“Dis buite orde!” het Cele uitgeroep en opdrag gegee dat daarop beslag gelê word.

Nadat die vrou gesê het sy is baie jammer, het komm. Bongani Ntanjana, adjunkhoof van die polisie in KwaZulu-Natal, die vlaggie verwyder.

Volgens mnr. Dumisani Dube, streekbestuurder van Metrorail, was die hoof van die finansies-afdeling waar die vrou werk nie bewus van die ou landsvlag in die kantoor nie.

“Daar sal ondersoek ingestel word met die oog op korrektiewe stappe,” het hy gesê.

Mthethwa en sy adjunk, mnr. Fikile Mbalula, was saam met Cele en die provinsiale polisiebestuur deel van ’n groot magsvertoon deur Durban se strate met die boodskap dat die regering ernstig is in sy “kruistog teen misdaad” dié vakansie.

Nadat komm. Monnye Ngobeni, KwaZulu-Natalse polisiehoof, ’n afskrif van die provinsie se misdaadplan aan Cele oorhandig het, het Mthethwa moord, roof en kapings as spesiale fokuspunte uitgelig.

Min is egter oor KwaZulu-Natal se plan bekend gemaak.

Dir. Phindile Radebe, provinsiale woordvoerder, het net gesê 20 000 polisielede gaan ontplooi word, polisiëring gaan by strande verskerp word en die taktiese reaksiespan gaan teen rooftogte en kapings gebruik word.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
285 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 67,990.00

AUDI

A4 1.8T FSi Ambition MY09 8-sp Multitronic
2011
R 275,900.00

VOLVO

S40 2.4i
2004
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.