Dr. Blade: Dít rig skade aan

2012-02-06 22:02

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, in Pretoria. Foto: Liza van Deventer

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Voorvalle waar studente en personeel aan die Universiteit van Zoeloeland (Unizulu) kop in een mus by onaanvaarbare praktyke betrokke was, het verwoestende gevolge vir die akademiese statuur en integriteit van die universiteit.

Dít kan nie geduld word nie, het dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, gister op ’n mediakonferensie in Pretoria gesê waar besonderhede oor ’n forensiese oudit by Unizulu bekend gemaak is.

Nzimande het te velde getrek teen wanpraktyke en korrupsie by enige hoëronderwysinstellings en kolleges.

Nzimande het prof. Chris de Beer, viserektor van die Universiteit van Pretoria (UP), verlede jaar as administrateur by Unizulu aangestel.

Die universiteit het na aanleiding van die oudit met tugverhore teen oortreders begin, terwyl strafregtelike sake nie uitgesluit is nie.

De Beer het gesê daar word tans teen 13 personeellede en twee studente opgetree, maar meer sake kan volg.

Die oudit het bevind “ernstige en herhaalde oortredings” van die universiteit se beleid en prosedures het voorgekom wat betref kwessies soos akademiese administrasie en registrasie van studente, prosesse in die uitreiking van skoon grade en diplomas wat tot die uitreik van vals sertifikate kon lei en toelating van studente wat nie aan die vereistes voldoen nie.

De Beer het gesê die universiteit het die laaste paar jaar miljoene rande aan verkrygingsuitgawes bestee.

“Dit is moeilik om te sê hoeveel verliese daar was en of die universiteit waarde vir geld gekry het.

“Onreëlmatighede het egter deurlopend voorgekom en daar was personeellede en sommige raadslede wat hulself in die proses verryk het deur die verkrygingsdienste aan te vra en uiteindelik self te verskaf.”

Ander onreëlmatighede sluit in studente wat geregistreer is en van wie verwag is om ’n “fasiliteringstarief” van tussen R1 500 en R3 900 te betaal.
 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Analyst Programmer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

JD EDWARDS Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

BA - JDE

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 2.2 D-4D VX 4x4 Dsl MY06
2007
R 279,900.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2004
R 121,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.