Drie vas ná byl-aanval, rooftog op bejaarde

2009-12-18 01:34

Polisielede het bykans 40 uur lank aaneen gewerk om die aanvallers van ’n bejaarde man, wat op sy kleinhoewe buite Bronkhorstspruit met ’n byl oor sy kop en liggaam geslaan is, vas te trek.

Teen gistermiddag het die polisie drie mans, wat glo betrokke was by die aanval op mnr. Ivan Raubenheimer (75), in hegtenis geneem en was hulle op die spoor van een van die hoofverdagtes.

Die polisie het ook alles wat eergister en laasweek tydens twee huisbrake by Raubenheimer geplunder is, teruggekry.

Raubenheimer, wat alleen op sy kleinhoewe in Balmoral woon, is eergisteroggend omstreeks 07:00 oorval, vasgebind en met ’n byl bygedam.

Kapt. Sipho Zulu, polisiewoordvoerder, het gesê Raubenheimer het die honde in sy erf hoor blaf en gaan ondersoek instel. Dit was toe dat minstens drie mans hom oorval het.

“Die mans, waarvan een ’n mes gehad het, het hom by sy huis ingeneem en hom met tou vasgebind. Daarna het hulle hom met ’n byl, wat hulle iewers gekry het, oor sy lyf en kop geslaan en hom daar gelos,” het Zulu gesê.

Die drie rowers het met ’n rewolwer en ’n .303-geweer, elektriese toebehore, DVD’s en ’n kwadfiets gevlug. Hulle wou ook Raubenheimer se Mercedes Benz steel, maar kon nie die motor se sleutels vind nie.

Bure het kort daarna onraad vermoed en die polisie ontbied.

’n Deurbraak het gisteroggend gekom toe drie verdagtes in Zithobeni buite Bronkhorstspruit, sowat 10 km van Raubenheimer se kleinhoewe af, aangekeer is.

Volgens Zulu word ’n vierde verdagte nog gesoek aangesien een van die aangekeerdes moontlik nie regstreeks by die aanval betrokke was nie, maar dalk wel net by die beplanning.

“Ons sien dié drie arrestasies as ’n groot deurbraak,” het Zulu gesê.

“Ons het inligting uit die gemeenskap oor ’n motor wat skynbaar deur die rowers gebruik is, opgevolg en vasgestel waar die rowers skuil,” het hy gesê.

“Die polisie en lede van GE Security het daarna vroeg gisteroggend ’n klopjag op die betrokke perseel in Zithobeni uitgevoer en drie verdagtes daar in hegtenis geneem.”

Al Raubenheimer se besittings is in hul besit gevind.

Die moontlikheid word ook ondersoek dat die verdagtes wat aangekeer is, en tussen 20 en 30 jaar oud is, betrokke was by twee huisbrake verlede week op Raubenheimer se kleinhoewe.

Hulle sal na verwagting Maandag in die Bronkhorstspruit-landdroshof op aanklagte van huisroof, huisbraak en diefstal, besit van vermoedelik gesteelde goedere en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie verskyn.

Raubenheimer is gister in ’n stabiele toestand uit ’n plaaslike hospitaal ontslaan waar hy behandel is.

- Beeld

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Proposals Manager

Kya Sand, South Africa
Key Recruit
Market Related

Project Manager

Bryanston, Sandton, South Africa
Key Recruit
Market Related

Business Analyst

Bryanston, Sandton, South Africa
Key Recruit
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 1.9 TDi Trendline MPV Dsl
2006
R 185,500.00

JEEP

Cherokee Country 4.0i 4x4 AT
1999
R 49,990.00

HYUNDAI

i20 1.4 GL 5-dr
2011
R 134,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.