Duisende val Sandton in om Bafana te sien

2010-06-09 23:16

Die Rio-karnaval kan maar gaan slaap.

Derduisende vuvuzela-blasende Bafana Bafana-aanhangers het gister in geel-en-groen na Sandton opgeruk en bewys Suid-Afrika is sonder twyfel dié plek om nou te wees.

Die opkoms het selfs organiseerders van die United We Stand-optog stomgeslaan.

“Ons sou die strate eers van 12:00 sluit, maar reuse-getalle mense het Sandton reeds van 10:00 binnegestroom en ons moes dit toe baie vroeër doen,” het me. Pippa Rowles, kommunikasiekoördineerder van Primedia, gesê. “Volgens die polisie se getalle was daar meer as 200 000 mense in die groter Sandton-omgewing vir die optog.”

Die Gautrein-skedule is selfs aangepas omdat talle pendelaars vanaf die Rhodesfield- en Marlboro-stasie Sandton toe gery het vir die optog, berig Carina van Wyk.

Volgens me. Kelebogile Machaka, Bombela-woordvoerder, het die treine in ’n stadium elke 12 minute vertrek, soos in spitstye soggens en laatmiddag.
Die treine vertrek die res van die dag eintlik elke 20 minute.

Ondersteuners, geklee in alles van vlae en sokkerhemde tot makarapa-ondersteunershelms, het Bafana Bafana toegejuig toe die span op ’n bus om ’n straatblok in Sandton gery het.

Die reënboognasie was deeglik verteenwoordig. Van peuters op hul ouers se skouers tot gogo’s (oumas) in stoele het saam gewaai.

Polisielede moes die hele tyd ’n ketting weerskante van die spanbus, sowel as twee ander met onderskeidelik glanspersoonlikhede en lede van die media, vorm.
Oorsese joernaliste wat op die media-bus was, was baie beïndruk met die optog.

“Sjoe, hier is baie mense,” het ’n Franse joernalis uitgeroep toe die bus by die Sandton Sun Grayston-hotel wegtrek. “Baaaaaie mense,” het hy herhaal.

Onder die bekendes op die glansbus was die aktrise Shaleen Surtie-Richards, die voormalige Mej. Suid-Afrika Basetsana Kumalo en die radiopersoonlikheid Jeremy Mansfield, wat selfs ’n traan op die bus weggepink het.

’n Aanhanger het ná die optog opgemerk: “Ons het vandag feesgevier asof ons WB 2010 gewen het.”

Me. Felicity Goddard (30), ’n Britse sokker-aanhanger, het aan die Britse Daily Telegraph gesê sy het nog nooit so iets gesien nie.

“Dis ’n helse verwelkoming. Die atmosfeer is ongelooflik. As ons ’n maand gelede opgewonde was, is ons nou tien keer meer opgewonde.”

Mnr. Tony Dowsett (49), nog ’n Brit, het gesê hulle het nooit kon droom die sokker-ervaring sou so spesiaal wees nie.

“Die hele Suid-Afrika is duidelik dol oor sokker. Ek voel nogal jammer vir Mexiko.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 2.2 D-4D VX 4x4 Dsl MY06
2007
R 279,900.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2004
R 121,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.