ET: Beskuldigde glo met moord gedreig
2012-02-03 11:32
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Die ondersoekbeampte in die Eugene Terre'Blanche-moordsaak het gedreig om een van die beskuldigdes te vermoor, het die hooggeregshof in Ventersdorp Vrydag gehoor.
Lt.kol Tsietsi Mano het ontken dat hy aan die beskuldigde Chris Mahlangu gesê het dat hy gaan reël dat 'n verklaring voor 'n landdros afgelê word, maar as Mahlangu nie maak soos hy beveel word nie, gaan hy doodgemaak word.
Mano is in 2008 skuldig bevind aan marteling en die polisie moes meer as R500 000 aan skadevergoeding uitbetaal, het die hof gehoor.
Mahlangu en 'n minderjarige is aangekla van die moord op die gewese AWB-leier.
Die verhoor duur voort - Sapa