ET is sonder broek gelos

2010-04-06 21:59

Aan die een kant voor die hof: Die humeure vlam op onder ’n paar honderd wit mense, meestal in kakie- of kamoefleerdrag. Foto: Felix Dlangamandla

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Ventersdorp. – Mnr. Eugène Terre’Blanche se moordenaars het ná sy dood sy broek afgetrek en sy geslagsdele ontbloot.

Dít het gister tydens die hofverskyning van die twee moordverdagtes hier aan die lig gekom.

Voor die verskyning het rassespanning buite die Ventersdorp-landdroshof oorgekook.

Tientalle gewapende polisielede het ingegryp en later doringdraad gespan om te keer dat die woedende wit en swart skares mekaar te lyf gaan.

Mnr. Chris Mahlangu (27) en ’n 15-jarige het op vier aanklagte – moord, huisbraak en roof met verswarende omstandighede, crimen injuria, en poging tot roof met verswarende omstandighede – verskyn.

Die verrigtinge was met geslote deure omdat die een beskuldigde minderjarig is.

Gevra of die kind ’n vorige veroordeling het, het adv. Menzi Simelane, hoof van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), dit eers beaam en toe gesê dit word nog ondersoek.

Op die vraag of die aftrek van die broek op ’n haatmisdaad dui, was die antwoord dit sal tydens die verhoor uitkom.

Die saak is tot 14 April uitgestel. ’n Borgtogaansoek sal dan ingedien word, het mnr. Zola Majavu, die 15-jarige se prokureur, gesê. “My kliënt lyk sleg en is erg geskud.” Die kind se ma het volgens Majavu doodsdreigemente gekry.

In die ure voor die hofverskyning het sowat 500 mense voor die hof saamgedrom: Aan die een kant ’n paar honderd wit mense, meestal in kakie- en kamoefleerdrag met hier en daar ’n wapperende Vierkleur-vlag; aan die ander kant ’n paar honderd swart mense, meestal van die Tshing-township.

Teen die agtergrond van Bok van Blerk se “De la Rey” , wat voortdurend uit luidsprekers opgeklink het, het die wit mense omstreeks 10:00 “Die Stem” gesing en die swart mense in reaksie met die volkslied, “ Nkosi Sikelel’ i-Afrika” , losgetrek.

’n Wit vrou met ’n Vierkleur-nekdoek het deur die skare gebars en ’n bottel koeldrank op van die swart mense uitgegooi.

Daarna het die twee groepe mekaar bestorm, maar die polisie het ’n blou muur tussen hulle gevorm en die dreigende geweld afgeweer.

Intussen het ander polisielede met ’n Nyala-pantservoertuig tussendeur die twee groepe gery en twee rye doringdraad tussen hulle gespan. Halfpad het die Nyala se regtervoorwiel in modder vasgeval.

Die wit mense het gelag, vir die polisie “Help ’n bietjie daar” en toe vir die swart mense “Bobbejaan klim die berg” gesing. Die spanning het opnuut opgevlam en die polisie moes weer keer dat die vuiste klap.

Mnr. Pieter Steyn, AWB-woordvoerder, het die wit skare tot kalmte gemaan “uit respek vir die Terre’Blanche-familie”. Op sy beurt het mnr. Bomba Matinyane (38), inwoner van Ventersdorp, die swart mense gekalmeer.

Matinyane en Steyn het later blad geskud en mekaar om verskoning gevra vir die groepe se optrede. Etlike ure later is die verdagtes blitsig uit die hof na die Nyala gebring wat toe in ’n polisiekonvooi met skreeuende sirenes weggejaag het.

Die swart skare het die verdagtes jillend en met vuiste in die lug toegejuig. “Hulle is ons helde,” het me. Tebogo Tshepo (25) uitgeroep. “Hy (Terre’Blanche) het baie van ons mense doodgemaak en beseer.”

Mnr. Dirkie Cronwright (26) van Boksburg het gesê: “Die oorlog is nou hier. Die geweer was gelaai, maar die sneller is nou getrek.”

Die AWB het beloof al hul beplande aksies sal “binne die landswette” wees.

Kapt. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, het gesê geen werklike geweld het uitgebreek nie en geen rassevoorvalle is nog sedert die moord in die omgewing aangemeld nie. 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.