Eerlikheid van nuwe vervolger betwyfel

2009-11-26 01:19

Kaapstad. – Die nuwe nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV), adv. Menzi Simelane, se integriteit was al die onderwerp van ’n regeringsondersoek.

Pres. Jacob Zuma het gister aangekondig Simelane is die nuwe NDOV – enkele dae nadat die staat en Simelane se voorganger, adv. Vusi Pikoli, ’n skikkingsooreenkoms bereik het. Pikoli het daarvolgens ’n hof-aansoek teruggetrek waarmee hy sy afdanking sou beveg.

Simelane is daarvoor bekend dat hy hom vir ’n sterker rol vir die uitvoerende gesag in die nasionale vervolgingsgesag (NVG) beywer en vir sy mening dat die NDOV aan die minister van justisie moet verslag doen.

Hy het tot onlangs as direkteur-generaal (DG) van justisie gedien en is verlede maand as een van vier adjunkdirekteurs van die NVG aangestel.

Die presidensie het in ’n verklaring gesê Simelane is aangestel ondanks ’n ondersoek wat die Staatsdienskommissie (SDK) in opdrag van die destydse pres. Kgalema Motlanthe gedoen het.

Dít het gevolg op Simelane se getuienis tydens die kommissie van ondersoek na Pikoli se geskiktheid vir die amp van NDOV.

Dr. Frene Ginwala, die kommissie se voorsitter, was toe skreiend in haar bevindings en het gesê Simelane se gedrag en getuienis “het veel te wens oorgelaat”.

Sy het onder meer gesê dit is “teenstrydig”, “onakkuraat en sonder enige gronde in feite of die wet”, “vals”, “sonder enige substansie”, “ver van die waarheid verwyder” en bes moontlik deur ’n persoonlike vete gemotiveer. Sy het bevind Simelane het nie begryp wat sy rol as DG in verhouding tot die NDOV en NVG was nie.

Motlanthe het die SDK in Desember verlede jaar gevra om ’n ondersoek na Simelane te doen “omdat sy eerlikheid in twyfel getrek word”.

Dié ondersoek is voltooi en mnr. Jeff Radebe, minister van justisie, het besluit om geen verdere stappe teen Simelane te doen nie. Hoewel daar reeds berig is die SDK het aanbeveel Simelane moet aan ’n tugprosedure onderwerp word, is die verslag ondanks beloftes deur Radebe nog nie bekend gemaak nie.

Simelane was ook die skrywer van die omstrede brief waarin Pikoli beveel word om sy beplande vervolging van mnr. Jackie Selebi, destydse polisiehoof, te staak.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CITROEN

C2 1.6i VTS 3-dr
2008
R 92,995.00

TOYOTA

Hilux 2400 LWB Dsl MY98
2004
R 95,995.00

FORD

Figo 1.4 Trend 5-dr
2012
R 124,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.