Eers brand huis en toe word sy geskiet

2010-05-17 22:15

’n Vrou is die naweek op ’n plaas buite Carolina in die been gewond, net meer as ’n maand nadat haar houthuis aan die brand gesteek is.

Me. Cornelia de Wet (32) was omstreeks 12:30 in een van die skaapkrale op die plaas Kwaggafontein toe sy ’n skoot gehoor klap het.

Sy het ’n brandpyn aan haar been gevoel en gesien haar regterkuit bloei.

Haar broer, mnr. Jan de Wet, het gesê hulle vermoed ’n geweerkoeël wat van ver af geskiet is, het sy suster gewond.

Me. De Wet is ná behandeling in die provinsiale hospitaal in Carolina ontslaan.

Volgens haar broer is dit die vyfde keer sedert die brand op die plaas op 17 April dat misdadigers hulle teiken.

Sy en haar dogters, Cornelia (11) en Joey (2), het dié aand in die houthuis geslaap toe sy van die rook wakker geword het.

Sy kon nie die deur oopmaak nie omdat iemand die slot met ’n stuk draad toegebind het.

Toe sy per radio hulp van haar ouers, mnr. Jan en mev. Nelie de Wet, in hul opstal sowat 50 m daarvandaan vra, het die aanvallers op dié twee losgebrand.

’n Oor-en-weer-skietery van byna twee uur het gevolg voordat ander hulp op die plaas opgedaag het.

Mnr. De Wet jr. het gesê sedert die brand is daar verskeie kere by store op die plaas ingebreek en die voertuie op die plaas is onlangs ook beskadig.

“Iemand wil ons van ons familieplaas afdwing, maar ons weet nie wie nie. Ons plaas is die enigste in die hele gebied waarop daar nie ’n grondeis is nie.”

Volgens hom weier die polisie om ’n klag te ondersoek.

Konst. Isaac Aphane, polisiewoordvoerder, het gister bevestig hulle is bewus van die voorval.

“Ons was op die plaas, maar het nie ’n klag geregistreer nie omdat die klaer nie weet wie haar beseer het nie.”


Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

JD EDWARDS Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

BA - JDE

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

JD Edwards BA

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 2.2 D-4D VX 4x4 Dsl MY06
2007
R 279,900.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2004
R 121,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.