Eerste ontsnapping uit private tronk

2009-12-15 23:43

Twee uiters gevaarlike misdadigers het gisteroggend die eerste gevangenes geword wat uit die private hoëmaksimum-veiligheidstronk Kutama Sinthumule buite Louis Trichardt in Limpopo ontsnap.

’n Groot soektog na die twee mans, wat lewenslange vonnisse weens onder meer moord, verkragting, gewapende roof en aanranding uitgedien het, was teen druktyd nog aan die gang.

Chico Naibe (40) van Zimbabwe en Johannes Antonio Khoza (29) van Mosambiek, het vroeg gisteroggend uit die tronk, wat in 2002 geopen is, ontsnap.

Kapt. Maano Sadike, polisiewoordvoerder in Louis Trichardt, het gesê die twee mans het glo die tralies van hul sel afgesaag.

Mnr. Pieter Jordaan, besturende direkteur van South African Custodial Management (SACM), die maatskappy wat dié gevangenis bestuur, het aan Beeld bevestig “daar is met die tralies gepeuter.”

Volgens hom is dié van Naibe en Khoza die eerste ontspanning by dié tronk.

Jordaan het gesê ’n ondersoek word gedoen om vas te stel waarmee die tralies afgesaag is en hoe die mans verder ontsnap het. Sadike het gesê die mans het glo van hul klere gebruik om oor die hoë draadheinings te ontsnap.

Jordaan het gesê die departement van korrektiewe dienste (DKD) kan SACM met R468 000 vir elke ontsnapte beboet.

Mnr. Manelisi Wolela, woordvoerder van DKD, het aan Sapa gesê SACM moet die ondersoek na die ontsnappings binne twee weke voltooi en terugvoering aan die departement gee.

Sadike het die publiek gemaan om nie die twee ontsnaptes self aan te keer nie aangesien hulle “uiters gevaarlik” is. Kutama Sinthumule is een van slegs twee private tronke in die land. Die Mangaung Correctional Centre buite Bloemfontein is die ander een.

Kutama Sinthumule het meer as 3 000 gevangenes. Sekuriteit by die tronk is baie streng, met meer as 600 CCTV-kameras. ’n Voertuig patrolleer die perseel ook 24 uur per dag. Die gevangenes word vier keer per dag getel en die seldeure word elektronies beheer.

- Beeld

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.