Egpaar in stil dorp vermoor

2010-02-05 06:53

Tisha Steyn

George. – ’n Egpaar wat vyf jaar gelede van Phalaborwa na Swellendam verhuis het om veiliger te wees, is hier vermoor.

Mnr. Nick Els (63) en sy vrou, Elsie (58), se lyke is gisteroggend in hul huis op die hoek van Kerk- en Bloekomlaan in Swellendam aangetref.

Die egpaar is vermoedelik eergisternag vermoor. Hul tuinwerker het gisteroggend op die toneel afgekom en die polisie ontbied.

Die huiswerker het kort daarna opgedaag en vir die polisie die agterdeur oopgesluit.

Luidens ’n verklaring wat deur die polisie uitgereik is, was daar bloed op die voordeur. Daar was ook tekens van ’n struweling in die sitkamer, waar mnr. Els se lyk op die vloer aangetref is. Mev. Els se lyk is in die slaapkamer gevind.

Hulle is vermoedelik met ’n stomp voorwerp, soos ’n piksteel, doodgeslaan.

“Ons is verskriklik geskok,” het me. Mariaan van Wyk, ’n vriendin van die Els-egpaar, gister gesê. “Ons was 45 jaar lank vriende en het mekaar in Phalaborwa leer ken.

Elsie-hulle het sowat vyf jaar gelede hierheen getrek omdat hulle in ’n stil, veilige dorpie wou woon.”

Die vriende het saam ’n gebou, Powell House, in Voortrekkerstraat gekoop. Die gebou het Van Wyk se haarsalon en mev. Els se dekorwinkel, Something Else, gehuisves. Van Wyk het intussen die gebou aan die Els-egpaar verkoop, waaruit mev. Els steeds die dekorwinkel bedryf het.

“Nick was afgetree, maar het Elsie gehelp met goed soos blindings hang en so aan. Bo-op die bult met ’n uitsig op die dorp het Elsie haar droomhuis laat bou.”

Die Els-egpaar het twee seuns. Jaco en sy vrou, Coret, van Pretoria, en Francois en sy vrou, Heidi, van Nelspruit vlieg vandag Kaapstad toe waar hulle ander familielede sal ontmoet voordat hulle na Swellendam vertrek.

“Ons het Desember so lekker by my skoonouers in Swellendam en Struisbaai gekuier, maar nou wil ons nie eens na die huis toe gaan of daar gaan slaap nie,” het mev. Coret Els gister gesê.

“Ons mis hulle al klaar. Hulle was die wonderlikste skoon-ouers, grootouers en ouers vir hul seuns. Hulle het soveel vriende gehad wat so lief was vir hulle omdat hulle soveel liefde gegee het. Ja, God troos ons met die wete dat hulle by Hom is.”

Mnr. Els was voor sy aftrede hoof van gesondheid in die Phalaborwa-munisipaliteit.

“Hulle was albei baie bekend hier in Phalaborwa en die nuus oor hul moord is vir ons almal ’n baie groot skok,” het mnr. Manie Kriel, ’n sakeman van Phalaborwa, gisteraand gesê.

Niemand is nog gearresteer nie. Dit is nog onbekend of iets uit die huis vermis word.
 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

406 ST 2.0
2007
R 279,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2006
R 74,995.00

BMW

323i E90 AT
2006
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.