Egpaar kook oorlog hiér se ellende weg

2009-11-27 01:10

Hulle maak kos wanneer die res van Afganistan oorlog maak.

En as die ontploffings in Kaboel, hoofstad, die dag regtig erg raak, dink hulle watter dis hulle kan optower om die ellendige toestande dalk ’n bietjie beter te kan hanteer.

Dit is die sonderlinge storie van ’n jong Suid-Afrikaanse navorser by die Verenigde Nasies (VN) en haar man, ’n programbestuurder van die VN, wat reeds die afgelope vyf jaar eers in Irak en toe in Afganistan gaan woon het.

Me. Susan Marx (32) en haar man, mnr. Chris Serjak, glo daar is geen beter resep vir stresverligting as om te kook en dan vriende en selfs onbekendes te nooi om saam te eet nie.

As ’n dag ’n besondere klomp probleme opgelewer het, dan takel hulle saam ’n ingewikkelde dis in die kombuis.

Terwyl hulle dan so staan en opkap, roer en klits, werk die egpaar sommer deur die ergste aspekte van die probleem.

In Augustus vanjaar het die VN se kantore in Kaboel onder skoot gekom. Ure lank kon niemand deurkom na die kantore om uit te vind wat gebeur, wie is beseer en of daar ongevalle was nie.

Marx het oudergewoonte haar heil in haar kombuis gaan soek en begin bak – sy meen daar sal altyd iemand wees wat ’n tuisgekookte of -gebakte ietsie sal waardeer.

Toe hulle nog in Bagdad gestasioneer was en met ontwikkelingsprojekte gehelp het, is 22 van hul VN-kollegas dood toe ’n kragtige motorbom buite die VN-hoofkantoor ontplof het.

Die VN het sy aktiwiteite in Irak daarna drasties afgeskaal en só het die egpaar in Kaboel beland – ’n eiland van rustigheid ná maande se daaglikse dosis oorlog. Die rustigheid was van korte duur en al die aanduidings is reeds daar dat Afganistan in die greep van veel meer konflik as Irak is.

Op hul blog, Foodie in a Warzone, deel die egpaar hul gedagtes, resepte en wenke hoe om in ’n oorloggeteisterde land steeds letterlik die pot aan die kook te hou.

Om in ’n oorlogsone te woon, plaas egter sy eie beperkings op die beskikbaarheid van vars groente en bestanddele vir hul kulinêre eskapades.

Vir hul eerste dankseggingsvieringe drie jaar gelede in Bagdad het 50 gaste “van alle rasse en geloofsoortuigings wat die ete eerder na ’n vergadering van die VN se veiligheidsraad laat lyk het”, saamgekuier. Almal is ver van hul huise en die egpaar glo hul huis, waar daar altyd iets aan die kook is, het vir hul vriende en hulself ’n plek van saamwees te midde van die chaos geword.

- Beeld

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CITROEN

C2 1.6i VTS 3-dr
2008
R 92,995.00

TOYOTA

Hilux 2400 LWB Dsl MY98
2004
R 95,995.00

FORD

Figo 1.4 Trend 5-dr
2012
R 124,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.