Egpaar met byl oorval kortná polisie klagtes aanhoor

2010-02-12 15:19

Twee dae nadat hy aan ’n superintendent van die polisie gesê het die polisie gaan eers op die gemeenskap se klagtes ag slaan as iets ergs gebeur, is ’n man van Groot Marico baie erg beseer toe hy en sy vrou met ’n byl in hul plaashuis aangeval is.

Mnr. Ben von Brandis (54), ’n leiklipgroefeienaar van Broekmansfontein by Rietvaly, en sy vrou, Gail (50), het geslaap toe hulle gister omstreeks 04:00 deur drie mans in hul slaapkamer oorval is.

Insp. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder in Noordwes, sê die mans, van wie twee klapmusse gedra het, het ingekom deur die slot van die veiligheidshek by die voordeur oop te breek.

Hulle het geld gevra.

Volgens Tselanyane het een van die mans mev. Von Brandis gegryp en gesê hy gaan haar verkrag. “Hy het haar nagklere probeer uittrek, maar kon dit nie regkry nie.

“Hy het toe warm plastiek op haar bene gedrup. Sy het met die aanvaller gestoei en hy het haar eetkamer toe gevat waar hy die telefoondrade afgesny het. Hy het haar probeer versmoor deur ’n lap oor haar gesig te druk.”

Daarna het hy haar hande met die telefoondrade vasgebind.

Intussen het die ander twee aanvallers mnr. Von Brandis met ’n byl in die slaapkamer aangeval.

Mev. Von Brandis het ontsnap en in die tuin gaan wegkruip.

Mnr. Barend von Brandis, een van die egpaar se seuns, sê die die huishouding is bekend aan die aanvallers, want hulle wou weet waar sy broer, Jacques, wat op die plaas woon, was. Hy was nie dié nag tuis nie.

Die aanvallers het die kluis uit die kas in die kamer gehaal, maar kon dit nie oopkry nie. Hulle het met die egpaar se Mercedes-Benz probeer vlug, maar die veiligheidstelsel is geaktiveer. Hulle het toe die ligte Hyundai-vragmotor gevat, die kluis met sowat R12?000 kontant in agterop gelaai en daarmee en ’n .22 Bruno-geweer gevlug.

’n Boer het die voertuig om 07:30 verlate op die Rosmincol-gruispad sowat 2?km buite Koster gekry.

Mev. Von Brandis is na die bure vir hulp.

Mnr. Von Brandis is met ernstige kopbeserings in die Zee-rust-hospitaal opgeneem en gistermiddag na die waakeenheid van die Netcare Ferncrest-hospitaal in Rustenburg oorgeplaas.

Mnr. Danie Conradie, ’n buurman van die Von Brandisse, sê ’n aangrensende plakkerskamp is die oorsaak van baie probleme in die omgewing. Talle werkers by die leiklipgroewe in die omgewing woon daar, maar dit is indringers van buite wat probleme veroorsaak. Hy beraam dat miljoene rande se skade al deur veral diefstal en veediefstal gely is.

Na verneem word,val klagte by die polisie op dowe ore. Soms is die verskoning dat voertuie nie beskikbaar is nie. En klaers kry nie saaknommers nie.

Ene supt. Seboco van die polisie se provinsiale hoofkantoor in Potchefstroom het Dinsdag glo op die Von Brandis-plaas met 11 boere van die omgewing oor hul klagtes oor die polisie gepraat.

- Beeld

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 67,990.00

AUDI

A4 1.8T FSi Ambition MY09 8-sp Multitronic
2011
R 275,900.00

VOLVO

S40 2.4i
2004
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.