'Ek het niemand vermoor nie, maar het nie simpatie met slagoffers'

2010-03-17 07:25

Daniëlla du Plooy

’n Aanhanger van Julius Malema plaas “opdaterings” van moorde op boere op die ANC-jeugligaleier se Facebook-blad.

Dit kom nadat die VF+ eergister gewaarsku het die ANC-jeugligaleier se gewraakte liedjie “Skiet die boere, hulle is verkragters” kan ’n atmosfeer vir moord op boere skep.

Malema se blad op die sosiale netwerk het meer as 12 000 aanhangers. Hy is nie noodwendig die stigter van die blad of enigsins daarby betrokke nie.

Een van Malema se “aanhangers”, mnr. Clearence Letlonkane, het die laaste paar dae elke paar uur opdaterings geplaas van inligting oor boere wat op plase vermoor is soos berig is op die webnuustuiste News24.

Een van dié inskrywings lui: “3000 farmerz dead since ’94... we lost more people than that... we r far from being even... So kill da boer, kill da farmer.”

In ’n ander inskrywing sê hy: “They kept the wealth of our land... the litte riches obtained is not merly enough to be shared equaly amongst all of us... ­Hence it is that corruption persists... Crime will not rest until all that was stolen 4rm us is... all regained.”

Letlonkane skryf by een van sy plasings “agt mense is op plase in Limpopo vermoor sedert die begin van Februarie”.
Toe hy daarna uitgevra is, het hy gesê: “Ek het niemand doodgemaak nie, maar ek staan nie simpatiek teenoor dié wat vermoor is nie, sue me for not shedding a
 tear .”

Mnr. Ernst Roets, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, het aangedui hulle gaan die Facebook-plasings gebruik as getuienis tydens die haatspraak-saak wat hulle teen Malema in die gelykheidshof aanhangig gemaak het.

Adv. Anton Alberts, die VF+ se parlementêre woordvoerder oor ekonomie, het eergister in ’n verklaring gesê “geen diep denke is nodig om te besef dat Malema se uitsprake ’n atmosfeer skep wat gunstig is vir diegene wat wil moor nie”.

Mnr. Floyd Shivambu, woordvoerder van die ANC-jeugliga, kon nie gister vir kommentaar bereik word nie.

- AfriForum Jeug reël ook ’n protesoptog teen Malema se optrede oormôre in Johannesburg. Dit vind Vrydag om 10:00 by die Mary Fitzgerald-plein in die middestad plaas, van waar betogers na die ANC-hoofkantoor in Sauerstraat sal stap.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.