'Ek sal tsotsi's jou laat vermoor'

2010-01-08 10:31

Virginia Keppler

“Ek sal die tsotsi’s stuur om jou te kom doodmaak.”

So het ’n veiligheidswag by die Midstream-landgoed in Midrand glo ’n inwoner toegesnou toe dié hom gekonfronteer het oor die wag se “onbehoorlike gedrag” teenoor sy dogter.

Mnr. Fanie Kok het gister gesê hy beskou die woorde van die wag as ’n doodsdreigement en het dit by die Olifantsfontein-polisiekantoor gaan aanmeld.

Die voorval het op 28 Desember plaasgevind nadat Kok se dogter, me. Liza Kok, en ’n vriendin by die landgoed wou uitry om brandstof in die vriendin se motor te gaan gooi.

“Toe hulle by die Old Kent-hek kom, wou Liza (wat toe op die passasiersitplek gesit het) die wag nader wink sodat sy haar vingerafdruk op die masjien kon plaas om die hek oop te maak.

“Die wag het egter geweier om na haar te stap en het gesê sy moet na hom loop.

“Toe sy by die huis kom en my vertel wat gebeur het, het ek na die hek gegaan om die wag oor sy onbehoorlike gedrag te konfronteer. Sover dit my aangaan, moet die wagte by dié landgoed ten alle tye na voertuie loop om inwoners en besoekers te help.

“Ek het dit duidelik so aan die wag gestel en het gesê ek gaan die saak by sy hoofde aanmeld.”
Hy het gesê dit is toe dat die wag hom met die dood gedreig het.

“Ek beskou dié doodsdreigement in ’n baie ernstige lig en het rede om te glo dat hy dit sal uitvoer,” het Kok gesê.

Hy het ’n e-pos aangaande die voorval aan mnr. Suiker Britz, landgoedbestuurder, gestuur.
Britz het gister gesê die aangeleentheid word ondersoek.

Kapt. Lesibane Molokomme, polisiewoordvoerder, het bevestig dat Kok die voorval by die polisie aangemeld het. 

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Service Level Manager

Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Construction Manager

Gauteng - Midrand
Master Career Consulting

Financial Manager

Gauteng - East Rand
Network Recruitment CA- Centurion
R550,000-600,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...