‘Ek sien jou. . .’

2012-02-10 23:19

Mnr. Johan Kotzé gister in die hof. Sy medebeskuldigdes, mnre. Andries Sithole, Peter Mohlako en Frans Mphaka, het hul baadjies oor hul gesigte getrek. Foto: Liza van Deventer

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Modimolle (Nylstroom). – “Ek sien jou, maar jy sien my nie.”

Dié woorde van ’n manstem wat sy nie kon eien nie, het me. Ina Bonnette gister uit die hof gehou waar haar vervreemde man en die drie mans wat hy glo gehuur het om haar te verkrag, weer verskyn het.

Mnr. Johan Kotzé (50) en sy drie medebeskuldigdes, mnre. Andries Sithole (42), Peter Mo­hlako (34) en Frans Mphaka (38), word onder meer ook van die moord op Bonnette se seun, Conrad, aangekla.

Bonnette, wat die hofverskyning wou bywoon om te wys Kotzé het haar “nie gebreek nie”, het die oproep eergister by haar werk ontvang. Dis nie duidelik of dit Kotzé of ’n vriend van hom was wat gebel het nie. Bonnette kon die stem nie herken nie.

Adv. Renier van Rooyen, staatsaanklaer, het Bonnette daarna aangeraai om nie hof toe te gaan nie.

Me. Elize Coetzer, ’n goeie vriendin, het gesê Bonnette is ná die oproep “emosioneel weer terug waar sy net ná die aanval was”.

Kotzé het gisteroggend in die hofselle egskeidingsdokumente ontvang. Die egpaar is in Oktober 2010 getroud en is sedert begin verlede jaar vervreem.

Mnr. Rehan Coetzee, sy prokureur van Steenkamp, De Villiers & Coetzee in Bloemfontein, het aan Beeld gesê die firma het Kotzé aangeraai om nie nou om borgtog aansoek te doen nie. “Die tyd is nie nou geleë nie.”

Volgens Coetzee het hy die staat gevra om die dossier aan hom beskikbaar te stel. Hy sal dit nou deeglik bestudeer. “Daar is ’n groot kans dat ons in ’n later stadium sal aansoek doen om borgtog.”

Coetzee het gesê Kotzé word in ’n enkelsel in die Pretoria-Sentraal-gevangenis aangehou. “Hulle kyk mooi na hom.”

In teenstelling met sy vorige hofverskyning was Kotzé gister skoongeskeer. Hy het ’n wit-en-blou geruite hemp en ’n donkerblou denimbroek aangehad.

Sy stiefdogter, Angelique Bonnette (16), het in die voorste hofbank gesit.

Sy het sigbaar gebewe toe Kotzé voor haar in die beskuldigdebank gestaan het. Hy het haar 19-jarige broer glo op 3 Januarie doodgeskiet.

Angelique het ná die hofverskyning gesê: “Ek het niks om vir hom te sê nie. Ek gaan nie my asem op hom mors nie.”

Me. Kayla Beukes, Conrad se vriendin, het haar ondersteun. Hulle het hande vasgehou in die hofbank.

Sowat 30 vroue met pienk T-hemde het voor 09:00 gisteroggend na die hof gestap. Op van hul hemde het “Vir Ina” gestaan.

Byna 150 lede van die ANC-vroueliga in Limpopo het ook voor die hof betoog. Plakkate met die woorde “Kotzé and cronies must face the music” en “Real men don’t kill” is rondgeswaai.

Nadat Kotzé en sy drie medebeskuldigdes in ’n gepantserde voertuig by die hof aangekom het, het betogers om die hofgebou na die voordeur gehardloop en geskreeu: “Daai bliksem is klaar binne.”

Hulle het ook verskeie vloekwoorde geskreeu.

Mense het mekaar by die ingang van die hofgebou vertrap om in die hofsaal te kom.

Landdros Hannes Stoffberg het gelas dat die drie mans wat glo deur Kotzé gehuur is om Bonnette te verkrag, nou wel geïdentifiseer mag word.

Sithole, Mohlako en Mphaka het hul baadjies oor hul gesigte getrek gehou totdat die fotograwe die hofsaal verlaat het.

Kotzé het nie met die drie gepraat nie.

Die vier mans staan tereg op 17 aanklagte elk. Die saak is tot 11 Mei uitgestel.


Angelique Bonnette sit tussen haar vermoorde broer se vriendin, me. Kayla Beukes, en me. Elize Coetzer, ’n vriendin van haar ma, in die hof.


Mense in pienk stap ter ondersteuning van me. Ina Bonnette na die Modimolle-landdroshof.


Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior C# MVC Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

BI SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Apple Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 2.2 D-4D VX 4x4 Dsl MY06
2007
R 279,900.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2004
R 121,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.