‘Els het net twee rolle in Robbie se lewe: pa en regisseur’

2009-11-13 22:30

Robbie Klay Foto: Alet Pretorius

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

As Jurie Els in sy verhoor sal moet getuig, sal hy sê Robbie Klay se bewerings teen hom is versinsels en dat Klay oor die beweerde seksdade tussen hulle jok.

So het adv. Danie Dorfling, namens Els, gister in die hooggeregshof in Pretoria vir Klay gesê voordat hy die dae lange deurtastende kruisondervraging van die jong sanger voltooi het.

Klay het geantwoord hy weet wat die waarheid en wat ’n leuen is.

Waarnemende regter Chris Eksteen het gesê: “Ja, maar ons weet nie wat die waarheid is nie.”

Klay het geantwoord dit (die seksvoorvalle) is die waarheid.

Dorfling het gesê Els sal aanvoer hy het net twee rolle in Klay se lewe vervul: as die pa wat Klay nooit gehad het nie en as uitvoerende regisseur van sy albums. Hy (Els) het ’n jong seuntjie in ’n bekende ster verander.

Dorfling het gister gesê die enigste seksvoorval tussen Klay en Els waaroor Klay ’n dagboek-inskrywing het, was glo op 11 Februarie 1999.

Hy het Klay gevra waar dié toe op skool was. Klay het getuig hy was toe in (die destydse) st.?6 in die Pro Arte-kunsskool in Pretoria.

Dorfling het gevra of dit goed was vir Klay om toe in die skooltermyn by ’n splinternuwe kuns- en dramaskool “twee daggies” saam met Els na Vrede te gaan.

Klay het geantwoord dat hulle oor ’n naweek in Vrede was.

Dorfling het egter gesê 11 Februarie 1999 was op ’n Donderdag.

Klay het geantwoord “daar moes ’n rede wees” hoekom hy saam met Els na Vrede sou gaan.

Volgens Klay is hy en Els toe na die woonstel langs die huis op ’n plaas by Vrede. Hulle het ’n seksdaad gehad, gestort en in die bed teruggeklim.

Dorfling het gister ’n afskrif van ’n predikant se dagboek-inskrywing vir 11 Februarie 1999 aan die hof voorgehou.

Daarvolgens het ds. Johan Els dié aand saam met Jurie Els en Klay in Vrede se stadsaal opgetree.

Dorfling het gesê as Jurie Els in sy verhoor gaan getuig, sal hy getuig hy het dié aand saam met Klay en ds. Els opgetree.

“As dit so is dat daar ’n konsert was, sou daardie voorval (seksdaad) nie kon plaasvind nie. U het mos gaan slaap ná die voorval,” het Dorfling vir Klay gesê.

Klay het daarop gesê: “Ek weet in daardie tydperk het ’n voorval plaasgevind.”

Die verhoor hervat Maandag.
 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

JD EDWARDS Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

BA - JDE

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

JD Edwards BA

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 2.2 D-4D VX 4x4 Dsl MY06
2007
R 279,900.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2004
R 121,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.