En Bees? ‘Kom ons fokus op rugby’

2010-09-03 22:30

Die Springbok-afrigter Peter de Villiers gister op Vodacompark in Bloemfontein.Foto: Christiaan Kotze

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Bloemfontein. – Die moontlikheid van enige verdere omstredenheid in die Springbok-kamp oor die Bees Roux-voorval is gister hier deur die nasionale rugbykaptein in die kiem gesmoor.

“Kom ons fokus eerder op die rugby. Ek weet dit is moeilik vir julle (die media),” het John Smit ewe diplomaties geantwoord op die vraag deur ’n joernalis oor die Roux-voorval.

Peter de Villiers, Bok-breier, het vandeesweek gesê dat die Bokke Roux, ’n stut van die Blou Bulle wat na bewering ’n metropolisieman doodgeslaan het, ondersteun.

De Villiers het gesê hy en sy span het die voorval bespreek en hoewel hulle nie die beweerde daad ondersteun nie, het hulle beslis simpatie met Roux.

Dié uitlating het die druk op De Villiers laat toeneem en sy kop is uit verskeie oorde geëis.

Hoewel dit in dié stadium onwaarskynlik lyk dat hy daaroor afgedank gaan word, sal ’n nederlaag vandag hier teen Australië in die Bokke se Drienasies-toets dinge vir hom baie moeiliker maak.

Die Springbokke kan ná vier loesings in die Drienasies-reeks en een bra onoortuigende oorwinning vandag maar net probeer om ’n bietjie verlore eer te herwin. En hulle sal natuurlik graag dié reeks se houtlepel wil vermy in die jaar voor die volgende Wêreldbeker-toernooi.

Volgens Smit is hy en sy spanmaats gereed om vir oulaas alles in die stryd te werp.

Verskeie Bok-staatmakers sal na dié wedstryd ’n ruskans kry en eers weer in die uitkloprondes van die Curriebeker-reeks vir hul provinsies speel.

Smit het gesê die Mandela-skild, wat jaarliks op die spel is tussen Suid-Afrika en Australië, is genoeg aansporing.

Gelukkig vir die Bokke is daar ’n faktore wat vandag in hul guns tel.

Smit se span is die mees ervare een wat Suid-Afrika tot nog toe verteenwoordig het. Die spelers in die Bok-groep spog ook met altesame 750 toetse tussen hulle teenoor ’n redelik onervare Australiese span wat ook in vanjaar se Drienasies-reeks by tye gesukkel het.

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY02
2003
R 95,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

MINI

Cooper Hatch R56 1.6 3-dr
2008
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.