'Foto's het Caster verneder'

2009-09-16 01:30

Caster Semenya was “bitter ontsteld” toe daar tydens die toetse wat in Suid-Afrika op haar gedoen is foto’s van haar geslagsdele geneem is.

Semenya was so ontsteld dat sy haar vriende vanuit die hospitaal ge-SMS en gebel het om hulle te vertel wat met haar gebeur het, het mnr. Wilfred Daniels, wat onlangs weens die Semenya-skandaal uit Atletiek Suid-Afrika (ASA) as spanbestuurder bedank het, gisteraand in ’n radiodebat gesê.

“Die toetse het amper twee uur geduur en Semenya het erg gefrustreerd en selfs kwaad geraak oor die vernederende aard daarvan. Haar voete was in stiebeuels toe die foto’s geneem is.

“Miskien het die tyd aangebreek dat Semenya (Suid-Afrika se vroue-wêreldkampioen in die 800 m) self vertel watter toetse op 7 Augustus in die Medforum-hospitaal in Pretoria op haar gedoen is.

“Dit is die enigste manier waarop die volle waarheid sal uitkom,” het Daniels in die debat met mnr. Leonard Chuene, voorsitter van ASA, op Radio Metro gesê.

Volgens Beeld se bronne was daar net drie mense dié dag in die hospitaal teenwoordig toe die toetse gedoen is: Semenya, haar afrigter, Michael Semé, en dr. Harold Adams, wat steeds spoorloos is. Die opdrag aan haar was dat sy na die hospitaal moes gaan sodat sy vir dwelmmisbruik getoets kon word.

Tot dusver het niemand nog kans gehad om Semenya te vra wat in die hospitaal gebeur het nie omdat sy van die media weggehou word.

Beeld het gister betroubaar bevestiging ontvang dat Adams die afgelope naweek met die Internasionale Vereniging van Atletiek- federasies (IAAF) kontak gemaak het en “wou praat”.

Wat hy aan die IAAF gesê het, is nie bekend nie. Daar is aan Beeld gesê Adams het “erg bang” geklink.

Chuene hou steeds vol hy weet niks van die toetse nie. Hy het ’n beroep op Daniels gedoen om op te hou om net allerlei beweringe te maak en om alles wat hy oor die toetse weet bekend te maak.

Hy het gesê ASA kon nie geslagstoetse op Semenya doen nie omdat sy grondwet nie daarvoor voorsiening maak nie. ASA sou ook nie vir sulke toetse betaal het nie.

Daniels het hierop gesê dat die antwoorde van Semenya self verkry moet word. “Dink net wat moet in Caster se kop aangaan. Haar geslag word sedert verlede week wêreldwyd bespreek.

“Ek dink nie dit gaan meer saak maak wat die IAAF op 20 November bekend maak nie. Ek dink haar loopbaan is verby.

“Dink jy enigiemand kan herstel van die emosionele seerkry en vernedering wat sy deurgaan? Wat dink jy sal deur haar kop gaan as sy weer in ’n sweetpak op ’n atletiekbaan uitstap ná al die intieme besonderhede wat die wêreld ingestuur is? Hoe kan sy op atletiek fokus?”

Toe Daniels gevra is wie Semenya vir die toetse gestuur het, het hy gesê dit moet iemand wees wat sy só vertrou het dat sy so ’n opdrag sal uitvoer.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

ilona.dejonge sê... 21 Mei 2012..... GOEIE MORE SUID AFRIKA!!!!!! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D S Dsl PU MY09
2011
R 191,950.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,950.00

PEUGEOT

206 Popart 1.4 3-dr
2005
R 79,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.