Gautengers: Klop die verkeer met Beeld

2009-09-09 14:36

Beeld het 'n nuwe verkeersdiens wat Gautengers baie tyd kan spaar.
Bring jy ure elke maand in besige paaie deur?

Beeld kan jou help om jou roete deur 'n verkeer-nagmerrie te beplan.

Die diens stel jou in staat om die spesifieke roete tussen jóú werkplek en huis te monitor vir verkeersvoorvalle. 
Dit verskaf heeldag, enige tyd, vars opgedateerde inligting op jou selfoon of oor die Internet. 

Al wat jy moet doen is om jou roetes op te stel. Soek jou straat en voorstad waar jy bly en so ook jou werkadres.  Voeg al die draaie by wat jy tussen jou huis en werk ry, soos kinders skooltoe vat en die gimnasium.

As jou roete enige hoofweë insluit kan jy dit net uit die gegewe lys kies. Jy kan ook 'n paar verskillende roetes dophou: een vir die oggend, 'n ander in die namiddag of selfs alternatiewe roetes wat jy volg as daar probleme op jou gewone roete is. Die diens hou ook gebiede rondom jou opgestelde roetes dop, want partykeer kan voorvalle daar 'n uitwerking op jou roete hê.

Sodra jou persoonlike roetes gelaai is, is die res vinnig en outomaties.  In die oggend kry jy 'n SMS met 'n WAP-skakel wat jy vir die hele dag kan gebruik om enige tyd na jou persoonlike verkeersverslag te kyk. Maak die SMS oop, kliek op die WAP-skakel en jy kry jou verslag. Dis al. Jou verslag laai outomaties op jou selfoon en bevat altyd die nuutste inligting. 

Jy kan ook enige tyd in die dag na 'n ander gebied kyk wat nie in jou opgestelde roetes is nie, byvoorbeeld as jy na 'n vergadering in 'n ander gebied moet ry.

Die verkeersdiens kos R5 per week. Dit word elke Sondagaand van jou selfoonrekening verhaal. As jy weggaan vir 'n tyd kan jy die diens onaktief maak. Jy sal eers weer betaal as jy terug is en die diens aktiveer (jy verloor nie jou persoonlike roetes nie). Die eerste week is gratis, so toetsbestuur dit vandag nog.

Dit is beskikbaar op Vodacom en MTN.  Jou selfoon moet toegang tot WAP hê. Jou kan jou verkeersverslag 'n onbeperkte aantal kere besigtig. Die diens is in die stadium net in Engels.

Jy kan ook kies wanneer in die oggend jy die SMS wil ontvang, en of dit net weeksdae moet wees.

Jy kan op die internet of met jou selfoon registreer:

Internet:  http://beeld.ivo3.com
Selfoon:  http://beeld.ivo3.mobi

SMS die woord BEELD na 32530 om die selfoonskakel per SMS terug te ontvang as jy nie lus is om dit in te tik nie (koste R0.50c per SMS).

Kan my selfoon WAP hanteer?

Vodacom

Skakel *111# vanaf jou selfoon.

Kies opsie 5 (fooninstellings 0 vanaf die daaropvolgende kieslys).

Kies opsie 1 om jou selfoonmaak en model te kies of opsie 2 sodat Vocadom die foon kan identifiseer.

Volg in albei gevalle eenvoudig die stappe wat voorsien word om WAP-instellings na jou foon gestuur te kry.

Konneksie-instellings sal na jou foon gestuur word: bêre dit.

Sukkel jy nog steeds?

Skakel Vodacom se oproepsentrum op 111 vanaf jou Vodacom-selfoon of 082 111 vanaf 'n ander foon.

Andersins kan jy 'n Vodacom-afsetpunt naby jou besoek.

MTN

Skakel *123# vanaf jou selfoon.

Kies opsie 1 (fooninstellings) vanaf die kieslys.

Kies opsie 3 (WAP).

Konneksie-instellings sal na jou foon gestuur word; bêre dit.

Sukkel jy nog steeds?

Skakel MTN se oproepsentrum: 808 (kontrak), 173 (voorafbetaal) vanaf jou selfoon of 083-808 of 083-173 vanaf 'n ander foon.

Andersins kan jy 'n MTN-afsetpunt naby jou besoek.

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CITROEN

C2 1.6i VTS 3-dr
2008
R 92,995.00

TOYOTA

Hilux 2400 LWB Dsl MY98
2004
R 95,995.00

FORD

Figo 1.4 Trend 5-dr
2012
R 124,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.