‘Geen geld vir hysbakke’

2011-02-06 21:29

Talle inwoners van die Polwin Hof-woonstelblok in die Pretoriase middestad is gestrand weens hysbakke wat maande en selfs jare lank al buite werking is.

Die situasie het meegebring dat selfs blinde inwoners die trappe moet aandurf.

Mnr. Rudie Nieuwenhuis (51) en sy lewensmaat, mev. Charmaine Roberts (45), sê hulle sukkel sedert November verlede jaar om onder meer hul kruideniersware by die 11de vloer uit te kry.

“Dis al meer as drie maande wat ek nêrens was nie. Ek is in dié woonstel vasgekeer,” sê Niewenhuis, wat sedert 1990 daar bly.

Niewenhuis is ’n diabeet, ly aan asmatiese brongitis, het hoë bloeddruk en benodig dringend ’n hartomleiding.

Hy het weens sy gesondheid verlede jaar afgetree.

Niewenhuis sê die hysbak staan meer as hy wat hy “hardloop”.

Die ander hysbak werk glo al jare lank nie.

Roberts ly aan soortgelyke probleme en het trombose in haar bene.

Sy moet telkemale rus voordat sy die trappe verder kan uitklim.

Tog moet sy dit daagliks doen om kruideniersware te koop.

Volgens Roberts het ’n inwoner in Desember ’n miskraam gehad omdat albei hysbakke buite werking was.

Mev. Drieka Gordon en haar man, Connie, ( albei 62) sukkel net só.

Mev. Gordon is blind gebore en haar man is weens emfiseem aan ’n suurstofmasjien gekoppel.

Hy kan amper nie meer loop nie.

Hulle bly sedert 1987 op die vyfde vloer. Met haar kierie in die hand durf sy byna daagliks die trappe aan om die nodigste aan te koop.

“Ek is elke keer baie trots as ek dit gemaak het,” sê sy.

Me. Neo Nare (35) is van ’n elektriese rolstoel afhanklik.

Sy het in Desember uitgetrek omdat sy nie langer ’n las vir ander wou wees wat haar en die rolstoel daagliks met die trappe moes opdra nie.

Sy het vyf jaar lank op die agtste vloer gebly.

Die woonstelblok het 16 vloere.

Volgens dr. Nicol van Straaten, voorsitter van die trustees wat die woonstel bestuur, is oorbevolking van die woonstelle ’n groot probleem.

“Daar is tans 600 mense wat hier bly, waar daar net 380 mag bly.

“Weens die oorbevolking het waterverbruik die hoogte ingeskiet. Om dié uitgawe onder beheer te bring, word daar voorgestel dat watermeters geïnstalleer word en agterstallige skuld op datum gebring word.”

Dít moet gebeur voordat daar “enigsins na ’n nuwe hysbak gekyk sal word”, het Van Straaten gesê.

Volgens hom is kwotasies vir die herstel van die hysbakke gekry en sal een hysbak R1,5 miljoen kos.

“Die finansies wys as die waterprobleem opgelos kan word ons ’n bykomende R35 000 per maand sal hê om te bestee.”

Die totale skuld is glo meer as R1 miljoen, wat nie die agterstallige heffings van R460 000 insluit nie.



Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Management Finance Reporting

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Business Solutions Consultant

Cape Town
Communicate Cape Town IT
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 2.2 D-4D VX 4x4 Dsl MY06
2007
R 279,900.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2004
R 121,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.