Gejika-jika op die water

2012-01-29 21:31

Pemba. – Sedert Suid-Afrikaanse soldate ’n jaar gelede die Mosambiekse kanaal begin patrolleer het, was daar nog nie een voorval van see­rowery in dié water nie.

Dit is te danke aan vier fregatte met 180 soldate aan boord.

Die soldate op die fregatte bring 28 dae op die see deur, waarna hulle na Pemba terugkeer om hul voorraad aan te vul, het olt. Tumelo Mmusi gesê.

Pemba is die noordelikste hawestad in Mosambiek.

Volgens Mmusi wissel die vier fregatte mekaar elke drie maande af.

Hoewel hulle nog nie ’n seerower van ’n dag oud gesien het nie, is daar baie om op die skip te doen, het olt. Pearl-Jane Mothapo (25) gesê.

Dié vroutjie van Turfloop, buite Polokwane, is sowat ’n maand gelede op die fregat Isandlwana, wat die Mosambiekse kanaal nou patrolleer, ontplooi.

Sy is lid van die span wat die spyseniering doen en is ook in opleiding om ’n offisier op dek te word vir wanneer die kaptein nie op die fregat is nie.

“Daar is so baie om te doen; daar is nie tyd om huis toe te verlang nie,” het Mothapo gesê.

“Ons doen patrollies en leer die toerusting en kompartemente op die boot ken.

“Dan reël ons ook sosiale aktiwiteite om te keer dat die mense depressief raak en huis toe verlang.”

Vrydae is dit fliekaand in die helikopterloods; Saterdae word daar gebraai en gejika-jika; en op afdae kry van die soldate kans om Pemba te verken.

Bevare seeman Ivan Basson (21) het gesê hy verlang baie na sy huis in Rustenburg, maar Facebook en ’n selfoon help ’n bietjie.

Volgens Basson is dit belangrik om jouself besig te hou.

Die fregat het ’n gimnasium en die soldate kan op die vliegdek draf. Wanneer hulle nie werk of oefen nie, swem hulle in die see, speel op hul rekenaar en kuier in die offisiersbak, die fregat se kuierplek.

Daar is ’n kroeg, maar geen alkohol word toegelaat wanneer die soldate op see is nie.

Hulle mag net drink as hulle in die hawe is.

Basson is ’n sjef wat moet seker maak die offisiere is gevoed en die fregat skoon. Hy is ook lid van die duikspan wat instandhoudingswerk doen.

“Wat dié projek so suksesvol maak is dat ons nie gevra is om hierna toe te kom nie, maar dat ons aangebied het om die werk te kom doen,” het Basson verklaar.

“Ons wil hier wees.”


Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bfn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Bookkeeper

Pretoria, South Africa
Under African Skies Recruitment
R12000 - R15000

PHP Developer

Tokai, Southern Suburbs 7945, South Africa
Quiglies Solutions
Market Related

RECEIPTION PA ADMIN

Pretoria, South Africa
LP Artisan Recruitment
R5400

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.