Jagersfontein. – “Ek wens Ma mooi jare en goeie gesondheid toe.”
Dit was mnr. Willem Kotzé (57) se laaste woorde in ’n toespraak aan
sy ma, mev. Kosie Kotzé (79), op ’n
familiesaamtrek voordat hy skielik aan ’n hartaanval op die familieplaas,
Nooitgedacht, dood is.
Kotzé, ’n bekende boer van die
Jagersfontein-distrik, het ’n toespraak gehou met die oog op sy ma se 80ste verjaardag Woensdag.
Hy het kort daarna inmekaargesak en aan ’n hartaanval
gesterf.
’n Bedroefde me. Anna Kotzé het haar man as ’n vrederegter, meester
en yster beskryf.
Sy het gesê haar man se laaste woorde was in ’n toespraak aan sy
ma, waarin hy haar mooi jare en goeie gesondheid
toegewens het.
“Hy het regverdigheid geleef, geëet en gedrink.”
Kotzé het saam met sy broer, Bokkie, op Nooitgedacht ge-boer.