‘Geluk, jy erf R50 m.!’

2012-01-23 22:33

George. – ’n Toesighouer op ’n aartappelplaas het ’n blink verjaardagpartytjie gehou nadat sy vir ’n bedrogspul geval het wat haar ingelig het sy het R50 miljoen geërf.

Me. Rachel van Rooyen, ’n werknemer op die Van Greunen-boerdery op Geelhoutboom, is per SMS van haar meevallertjie ingelig.

“Ek het elke Sondag kontak met die mense wat die geld belowe. Hulle het al op die plaas kom kuier,” het sy gister gesê. Sy wou egter nie hul identiteit of kontaknommers bekend maak nie.

Ondanks aanduidings dat dit ’n bedrogspul kan wees, het sy Saterdag in die burgersentrum ’n groot partytjie vir haar 40ste verjaardag gehou.

Volgens die eienaar van ’n plaaslike boetiek wat graag anoniem wil bly, het van Van Rooyen se familie van Johannesburg en Kaapstad die partytjie bygewoon.

Twee weke nadat sy die verwagte geld sou kry, skuld Van Rooyen nou glo etlike duisende rande aan plaaslike skoonheidsalonne, ’n spysenier en ’n winkel wat trou- en aanddrag verhuur.

’n Motorhandelaar op die dorp het bevestig dat Van Rooyen twee voertuie bestel het, maar ná medianavrae die bestelling gekanselleer het. Sy sou glo kontant betaal.

Van Rooyen het vir haar ’n tabberd laat ontwerp en 11 aandrokke vir familielede gehuur. Die tabberd is wel betaal, maar sy skuld nog ’n stewige bedrag op die huur van die aandrokke, volgens die winkeleienaar.

’n Niggie van Van Rooyen het blykbaar ’n lening van R20 000 aangegaan om ’n deel van die koste te dek.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bfn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Network Engineer-Clickatell

Bellville, Cape Town, South Africa
Clickatell (Pty) Ltd
Market Related

Junior Paid Search Specialist

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

Floor Manager

Roodepoort, South Africa
Gemini Recruitment
R8000 - R9000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.