‘Gemengde ekonomie is beleid’

2012-02-10 22:20

Pres. Jacob Zuma op die gholfbaan.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kaapstad. – “Ons beleid is duidelik en dis nie nasionalisering nie,” het pres. Jacob Zuma gister oor die nasionalisering van myne gesê. “Ek verstaan nie hoekom mense daarmee worstel nie.”

Hy het by ’n ontbytgeselligheid van The New Age gesê die ANC-jeugliga het die kwessie geopper. “Wanneer kwessies geopper word, word dit vir bespreking aan ANC-prosesse onderwerp. Alle kwessies wat ’n struktuur of ’n ANC-lid opper, word aan dié prosesse onderwerp, wat dan in beleid kan ontwikkel.”

Mnr. Zwelinzima Vavi, sekretaris-generaal van Cosatu, het vroeër vandeesweek gemaan leiers moet hulle nie voortydig uitspreek oor beleidsvoorstelle wat nog nie behoorlik op ’n beleidskongres bespreek is nie.

Zuma het gister gesê net die ANC se nasionale beleidskongres (in Junie) kan aanbevelings daaroor na die nasionale kongres (in Desember) stuur.

“En net dan kan daar oor ’n kwessie besluit word en gesê word dit is beleid. Een mens kan nie ’n siening opper en dan is dit beleid nie. Die ANC-regering sê nasionalisering is nie sy beleid nie – ons beleid is dié van ’n gemengde ekonomie.”

In politieke kringe word gesê vir sakelui verskuif die kwessie nou van die woord “nasionalisering” na ander maniere waarop die regering sy mag oor dié sektor wil laat geld – soos met die voorgestelde super-belasting.

In ’n onafhanklike studie oor die haalbaarheid van die nasionalisering van myne wat die ANC self aangevra het, is dit afgeraai.

Na berig word, word daar in die verslag eerder ’n 50%-belasting op mynbouwinste voorgestel om armes beter by die land se minerale te laat baat vind.

Mnr. Kenny Bafo, politieke ontleder aan die Universiteit van Wes-Kaapland, het gesê hy twyfel of Zuma se woorde noodwendig die einde van die kwessie is.

“Dit kan hoogstens gesien word as Zuma wat sy magsposisie wys noudat (mnr. Julius) Malema nie meer in die prentjie is nie.”

Zuma het oor werkskepping gesê die ANC-regering het onder omstandighede nie sleg gevaar nie. “Dat ons ondanks moeilike globale ekonomiese toestande werk geskep het, spreek boekdele.”

Zuma het gesê die beplande infrastruktuurontwikkeling sal ook help werk skep.

Die werkloosheidsyfer draai steeds by nagenoeg 23%.
 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

JD EDWARDS Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

BA - JDE

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

JD Edwards BA

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 2.2 D-4D VX 4x4 Dsl MY06
2007
R 279,900.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2004
R 121,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.