Generaals vat strydbyl

2010-09-07 22:09

Kaapstad. – Twee voormalige polisiegeneraals oorweeg regstappe weens genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, se “inkriminerende uitlatings” verlede week in die parlement.

Lt.genl. Hamilton Hlela, voormalige hoof van voorsieningsbestuur, het gister gesê hy het reeds met sy prokureur gepraat.

Ook genl.maj. Stephanus Terblanche, ’n voormalige bestuurder in dieselfde afdeling, het bevestig hy gaan stappe doen sodra die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se ondersoek na die polisie se verkrygingsprosedures afgehandel is.

Albei was Vrydag in die spervuur toe Cele en sy topbestuur voor die portefeuljekomitee oor polisie verskyn het.

’n Slangput van verdagte huurkontrakte, bouprojekte en tenders vir goedere en dienste het ter sprake gekom.

Hlela en Terblanche, wat die polisiediens in Augustus verlaat het, is in hul afwesigheid as die sondebokke uitgesonder vir beweerde wanpraktyke wat onder hul toesig plaasgevind het.

“Ons is vir ’n spul misdadigers uitgemaak, maar ek sal enige tyd parlement toe gaan. Ons kan rekenskap gee van elke sent wat bestee is,” het Terblanche gister gesê.

Volgens Terblanche het Cele op 14 Julie besluit hy word herontplooi en dat hy sy pos “onmiddellik” moet verlaat.

“Cele het (strydig met polisievoorskrifte) geen redes gegee nie. Ek het geweier.”

Terblanche is ontslaan en het ’n goue handdruk van twee jaar se salaris ontvang.

Dit is vir hom vreemd dat die polisie hom nie eerder geskors of aangekla het weens die beweerde wanpraktyke wat in die parlement geopper is nie.

“Ek is ná 40 jaar weg met ’n skoon gedragstaat wat deesdae seldsaam in die polisie is. Ek is nog altyd as ’n toppresteerder gereken.”

Hy meen die SOE se ondersoek sal lig werp op die omstrede peperduur huurkontrakte vir die polisie se hoofkantore in Pretoria en Durban wat onlangs in opdrag van die minister van openbare werke beëindig is.

Terblanche was veronderstel om dokumente vir die behoeftebepaling en koste verbonde aan die nuwe geboue af te teken omdat dit betrekking het op ’n begroting wat onder sy toesig was.

“Maar ek het geweier.”

Ook Hlela het gister die aantygings teen hom ontken.

“Ek is uiteraard ontsteld. Ek het nie bedank nie, maar vroeg afgetree omdat ek gevoel het ek móét gaan.”

Hy wou nie antwoord op die vraag of hy uit sy pos gedwing is nie.

Volgens Hlela het die departement van openbare werke die kontrak om die polisie se hoofkantoor in Wacht-huis in Pretoria te huisves met tien jaar verleng.

“Dit was nie ek nie.”

Voorts is die bestelling vir nege waterkanonne van R47 miljoen “nooit goedgekeur nie” en hy “weet niks” van ’n kontrak van R12 miljoen om Cele en mnr. Nathi Mthethwa, minister van polisie, se kantore in Wachthuis op te knap nie.


Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

JD EDWARDS Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

BA - JDE

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

JD Edwards BA

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 2.2 D-4D VX 4x4 Dsl MY06
2007
R 279,900.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2004
R 121,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.