Gesin vlug nadat hulle Malema gaan verkla

2010-06-07 22:27

’n Rustenburgse man en sy gesin is verlede week landuit omdat hulle vir hul veiligheid vrees nadat hy mnr. Julius Malema, die ANC-jeugligaleier, weens volksmoord en misdade teen die mensdom by die internasionale strafhof in Den Haag verkla het.

Die ANC-regering en nog hooggeplaastes word ook gepak, maar nie by die naam genoem in die deel van die dokument waarin die klagte vervat is en wat Beeld gister gesien het nie. Hulle sal wel later geïdentifiseer word.

Die man wie se identiteit aan die hof in Den Haag, maar nog nie aan die media bekend is nie, het uitgebreide boerderybelange, het mnr. Fanie van der Walt, sy prokureur, gister gesê.

Hy sal volgens Van der Walt terugkom na Suid-Afrika en sy identiteit bekend maak sodra die hof in Den Haag sy veiligheid kan waarborg.

Van der Walt het die beskuldigings gister skriftelik aan die hof in Den Haag gestuur.

“Dié hof sal die klagte nou ondersoek en dan dalk ’n klagstaat met strafregtelike aanklagte formuleer.”

Die Rustenburgse man steun in sy aantygings teen Malema en die ANC-regering op die Rome-statuut wat die Verenigde Nasies (VN) opgestel en in Julie 2002 in werking getree het.

Ingevolge daarvan kan selfs opsweping tot volksmoord as volksmoord geklassifiseer word.

Malema en ander hooggeplaastes kom in die dokument wat gister na Nederland gestuur is, onder skoot oor moord, marteling, seksuele misdrywe en diskriminasie teen ’n spesifieke groep mense (Afrikaanse boere).

Misdade teen die mensdom ingevolge internasionale reg sluit onder meer in moord, verkragting, slawerny, onwettige deportasie, onregmatige ontneming van persoonlike vryheid, marteling en gedwonge prostitusie.

Malema word in die dokument daarvan beskuldig dat hy weke aaneen in die nasionale sowel as internasionale media gevra het boere moet vermoor word deur die gewraakte woorde “Skiet die Boer” te sing.

Hy het sy volgelinge daardeur ook tot volksmoord teen Afrikaanse boere aangehits, ondanks herhaalde versoeke en selfs ’n interdik om hom van sulke uitsprake te weerhou, lui die dokument.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
112 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Senior C# MVC Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

BI SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 2.2 D-4D VX 4x4 Dsl MY06
2007
R 279,900.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2004
R 121,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.