Geskiet toe pa stop om iets te koop

2010-06-10 23:48

Me. Madeleine Kleinhaus vertel hoe sy eergisteroggend geskiet is.Foto: Craig Nieuwenhuizen

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Gholfafrigter van Centurion is eergisteraand op ’n kort afstand deur ’n bakkievenster geskiet kort voordat twee mans haar pa van duisende rande beroof het.

Dié voorval het net ’n paar honderd meter van die Leriba Lodge, waar die Italiaanse sokkerspan tuisgaan, gebeur.

Me. Madeleine Kleinhaus (21), wat in die arm en been getref is, is gister uit die Unitas-hospitaal in Centurion ontslaan.

Haar pa, mnr. Stefan Kleinhaus, het gesê hy gaan sy dogter “uit dié Sodom en Gomorra” vat en saam met hom terug Pongola toe neem.

“Daar by ons is dit (’n skietery tydens ’n rooftog) ongehoord. Hier skiet hulle die mense soos vlieë dood,” het mnr. Kleinhaus gesê.

Hy en sy vrou, Santa, het Maandagaand in Centurion aangekom om onderdele te kom koop. Hulle het eergisteroggend omstreeks 11:00 saam met hul dogter by die Eerste Nasionale Bank in Centurion gaan geld trek. Op pad terug na haar huis in Lyttelton het hulle naby die laagwaterbrug digby die Leriba Lodge langs die pad stilgehou by ’n man wat tafels verkoop.

Mnr. Kleinhaus het uit sy voertuig geklim, terwyl Madeleine en haar ma bly sit het.

“Twee mans het van voor af na die bakkie aangestap gekom,” het Madeleine gesê. Haar pa het aan die agterkant van die bakkie gestaan.

“Toe ek hulle sien, het ek aan my ma gesê hier is nou moeilikheid.” Madeleine en haar ma het die bakkie se deure gesluit. Een van die mans het aan die bestuurderskant se deur geruk. Mnr. Kleinhaus het dit gesien en nader geloop. Terwyl een van die mans ’n vuurwapen op hom gerig het, het die ander een na Madeleine se kant geloop.

“Toe ek die vuurwapen (wat die man op haar gerig het) sien, het ek afgebuk. Ek het weer opgekom. Dis toe wat hy my deur die venster skiet.

“Hulle het na my ma toe gegaan en gevra: ‘Where is the bag, where is the bag?’ Hulle het presies geweet wat hulle kom haal het. Ek het gevoel hoe ek warm word en toe vir my pa-hulle gesê ek is geskiet en dat hulle my moet help, want ek gaan doodgaan.”

Mnr. Kleinhaus het ’n verbygaande motoris voorgekeer wat Madeleine en mev. Kleinhaus na die Unitas-hospitaal geneem het.

“Ons het niks verkeerds gedoen nie. Ons het openlik gery en langs die pad stilgehou om iets te koop, toe word ek geskiet,” het Madeleine gesê.

“Ná die voorval het ek net agtergekom ’n mens se lewe is nie in jou eie hande nie.”

Me. Aveline Hardaker, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T FSi Attraction MY09
2008
R 209,900.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2008
R 329,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.