Geskorstes kry R72 miljoen

2010-09-07 14:30

Meer as ’n jaar sedert sowat 1 000 soldate met verpligte verlof huis toe gestuur is nadat hulle na die Uniegebou opgeruk en die polisie op hulle geskiet het, het die groep reeds nagenoeg R72 miljoen aan salarisse verdien – sonder om ’n vinger te verroer.

Hulle het boonop in Desember saam met die res van hul werkende kollegas die yslike verhogings van minstens 60% ontvang waaroor hulle betoog het, terwyl hulle met betaalde verlof was.

As dié soldate in die eerste plek in ’n spesiale militêre hof dissiplinêr vervolg is, sou die saak maande gelede reeds afgehandel gewees het, het adv. Pikkie Greeff van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagunie (Sanwu) gister gesê.

Nou sloer die proses al 12 maande.

Die regsargument in die saak is nie meer of die soldate skuldig was aan wangedrag nie, maar of die afdankingsproses wat me. Lindiwe Sisulu, minister van verdediging gevolg het, wettig was.

Selfs ná die hofuitspraak sal die soldate dus “onskuldig” wees omdat dit niks met hul gedrag te make het nie, het Greeff gesê.

“Sisulu het eerder as om ’n militêre regsproses te volg besluit om al die soldate summier af te dank.

“Nou is die saak eers vir die tweede week in November op die Pretoriase hooggeregshof se rol geplaas.

As die hof die vakbond gelykgee dat die proses onwettig was, gaan ’n rits siviele eise boonop waarskynlik teen die weermag ingestel word,” het Greeff gesê.

“Dan is 1 000 soldate se werktyd en salarisse meer as ’n jaar deur ondeurdagte optrede vermors.”

Die geskorste soldate het betoog oor soldate se swak salarisse.

Twee maande later het Sisulu die groot verhogings aangekondig.

Die geskorste soldate is hoofsaaklik infanteriste, die meeste van Zeerust, Middelburg (Mpumalanga), Mafikeng, Johannesburg en Pretoria.

Soldate moes tydens WB 2010 van die Wes-Kaap na Gauteng gebring word om in die geskorstes se plek sokkerbystand te lewer.

Tydens die staking die laaste tyd moes hul makkers bontstaan by hospitale terwyl hulle tuis sit.



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

i20 1.4 GL 5-dr
2011
R 129,900.00

VOLKSWAGEN

CC 2.0 TDi Highline Dsl DSG
2011
R 306,874.00

TOYOTA

Avanza 1.3 SX MPV
2011
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.