Gesteek en geslaan in ‘haataanval’

2009-08-25 01:26

’n Pretoriase man is wreed in sy huis vermoor voordat hy sy plan kon uitvoer om ’n alarmstelsel te laat installeer ná ’n vlaag van inbrake.

Vermoedelik voormalige werknemers het die man by sy huis met messe gesteek en met ’n geweerkolf en ’n vol whiskybottel doodgeslaan.

Dit kom nadat mnr. Willie Andries Pretorius (64) van Poortsigstraat in Bergtuin in die noordooste van die stad in Januarie tydens ’n gewapende huisrooftog op sy bed vasgemaak is.

Daar was boonop in die afgelope ses weke minstens vier inbrake by sy huis, het mnr. Brett Jooste (33), sy skoonseun, gister gesê.

Pretorius het hom Donderdag die ADT-veiligheidsmaatskappy se telefoonnommer gevra omdat hy ’n alarmstelsel wou laat installeer.

“Maar dit was te laat.”

Pretorius, ’n afgetrede dak-kontrakteur, is tussen Vrydagaand en Saterdagoggend vermoor.

“Dit was ’n haataanval,” het sy seun, Arno (33), gesê.

“My pa het met hulle gestoei, want daar is bloedspatsels teen die mure, in die gang en in van die slaapkamers.”

Jooste en sy vrou, Izelle (34), het onraad vermoed toe hulle haar pa sedert eergisteroggend nie per telefoon in die hande kon kry nie. Hulle het om 19:00 na Pretorius sr. se huis gery, waar hulle gesien het ’n ruit is netjies uitgehaal. Dit was dieselfde ruit wat onlangs tydens ’n inbraak gebreek is.

“Die stopverf was nog nat en hulle het dit net weer afgehaal en die ruit uitgehaal.”

Hulle het ’n polisievriend gebel, wat die deur oopgeskop en op die lyk onder komberse op sy bed afgekom het. Sy hande was met ’n das voor teen sy keel vasgebind.

Pretorius jr. het gesê die polisie het ’n knipmes, ’n kombuismes en bebloede stukke van ’n whiskybottel in die huis gekry.

“My pa se .303-geweer is naby sy lyk gekry en die kolf is stukkend, wat daarop dui dat hulle hom dalk ook daarmee teen die kop geslaan het.”

Die rowers het vleis uit die vrieskas, ’n TV en ’n voertuig gesteel, het Pretorius jr. gesê.

Volgens hom is daar ’n sterk vermoede dat twee voormalige werknemers van sy pa vir sy dood verantwoordelik is.

“My pa het die een weggejaag toe hy hom gevang het dat hy steel. Die ander een, wat 13 jaar vir my pa gewerk het, was kwaad vir my pa omdat my pa hom nie geld wou leen vir sy kind se begrafnis nie,” het hy gesê.

Pretorius jr. het gesê hulle is hartseer en kwaad.

“Die doodstraf moet teruggebring word.”

Pretorius sr. was geskei en het alleen gebly. Hy word ook deur nog ’n dogter, me. Tannya Symons (36), oorleef.

Me. Aveline Hardaker, polisiewoordvoerder, het gesê die moordenaars het ook Pretorius se blou Daewoo-motor met die registrasienommer MJK?586?GP gesteel.

Hardaker het enigiemand met inligting oor die voorval gevra om die polisie by 0?08600?10111 te bel. 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bfn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.