Gestremde in ma se huis vermoor

2009-11-03 10:19

’N Gestremde vrou van Mayfair-Wes in Johannesburg is gistermiddag grusaam vermoor nadat sy moontlik ook verkrag is.

Me. Jacqueline Kingma (36) se broer, Fanus (33), het haar bebloede lyk gister omstreeks 12:00 in die huis van hul ma, Connie, op die hoek van St. Ives- en Indrastraat gekry, het me. Susan Kingma, ’n familielid, gesê.

Insp. Jerbers de Bruyn, polisiewoordvoerder, het gesê die besonderhede van die moord is nog baie vaag.

“Haar hele gesiggie was vergruis en vol bloed en haar regterogie was heeltemal toegeslaan. Die plek op die mat waar sy gekry is was vol bloed,” het Susan Kingma gesê.

Jacqueline is volgens Susan Kingma met ’n rugdefek gebore.

Sy het ook aan ’n sindroom gely wat haar liggaamlike en verstandelike ontwikkeling gestrem het.

“Sy kon praat en lees en skryf, maar was altyd ’n bietjie stadiger as die ander kinders.”

Sy het voorheen as ’n verpakker by Pick n Pay in die Panorama-sentrum in Brixton gewerk.

Jacqueline, wat by haar ma gewoon het, het die gewoonte gehad om elke dag na haar broer, wat ook by dié Pick n Pay werk, te stap en dan tot omstreeks 19:00 op hom by sy werk te wag om saam met hom huis toe te stap.

“Gister het dit nie gebeur nie.”

Toe Fanus Kingma gister by die huis aankom om middagete te eet, het hy sy suster se lyk in die gang gekry.

“Ons dink die moordenaars moes aan haar bekend gewees het, want die veiligheidshek aan die voordeur het oopgestaan. Sy moes dit vir hulle oopgesluit het, want daar was geen tekens van gedwonge toegang nie.”

Susan Kingma het Jacqueline as “?’n baie spontane kind” beskryf.

“Sy het altyd met ’n ou smiletjie op haar gesiggie rondgeloop.”
De Bruyn het gesê die speurtak van die Brixton-polisiekantoor ondersoek die moord.

“Hoe sy vermoor is, sal eers ná die lykskouing bekend wees.”

Die familie vermoed sy is ook verkrag.  

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

LOVEMORE PARK

House R 28 000 000

EVERTON

House R 9 500 000

PRETORIA NORTH

House R 895 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...