Gholfdag slaan ’n kolhou!
2012-02-21 22:53
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
R150 000 is met die jaarlikse VDT-prokureurs-gholfdag vir die Beeld-Kinderfonds ingesamel. Dié gholfdag is al ’n instelling en een van die fonds se jaarlikse insamelingsprojekte.
Die hoofborge is Absa, CMV-rekenmeesters, Eskort en Universal Office Automative Solutions en vanjaar ook Aïda-eiendomsagente. Die Beeld-Kinderfonds sê graag dankie aan die borge wat die dag moontlik gemaak het.
Nog borge wat die gholfdag ondersteun het, is Abland, Sanlam, Atlas Copco, Storm Sciocatti, Servest Security, Plantech, Kyocera, Cape Currency Traders, Central Developments en Idols Dance and Pool Club.
Die volgende gholfdag is op 26 Oktober by die Pretoria-Buiteklub.
Mense of instellings wat tot die fonds wil bydra, kan dit stuur na Posbus 9726, Edleen, 1625 of dit inbetaal by Absa, rekeningnommer: 28?40?15?73?29 en takkode: 63?2005. Stuur jou bewys na 0866?234?155 om ’n art. 18A-belastingkwitansie te ontvang. Vir navrae, skakel 011 9762273.
Die Beeld-Kinderfonds erken die volgende bydraes:
VDT Prokureurs-gholfdag R150 000,00
NG kerk Ermelo Moedergemeente R6 731,95
NG kerk Gravelotte R1 671,00
NG kerk Groot-Marico R263,00
NG kerk Hartebeestfontein R7 000,25
NG kerk Hendrina R4 276,00
NG kerk Kempton Park-Noord R2 718,85
NG kerk Klerksdorp-Doringkruin R12 398,00
NG kerk Klerksdorp-Oos R2 039,60
NG kerk Klerksdorp-Suidheuwels R2 500,00
NG kerk Klipriviersberg, Alberton R2 906,50
NG kerk Leeudoringstad R3 256,00
NG kerk Letsitele R7 288,85
NG kerk Lichtenburg-Oos R1 053,10
NG kerk Lyttelton-Oos R2 679,00
NG kerk Malelane R9 500,00
NG kerk Meiringspark R2 699,95
NG kerk Meyerton R2 921,80
NG kerk Middelburg R4 030,00
NG kerk Monumentpark-Wes, Pretoria R3 546,00
NG kerk Nelspruit-Suid R22 149,35
NG kerk Nooitgedacht, Bronkhorstspruit R12 500,00
NG kerk Oberholzer R1 870,00
NG kerk Olifantsfontein R1 000,00
NG kerk Orkney R3 180,00
Totaal: R270 179,20
Reeds erken: R2 097 557,37
Groottotaal: R2 367 736,57

Die Beeld-Kinderfonds sê graag dankie aan die volgende borge wat die gholfdag moontlik gemaak het. Van links is mnr. Charl Mocke van CMV-rekenmeesters, mnr. Steinman de Bruyn van VDT-prokureurs, me. Happy Ralinala van Absa, me. Adrie van Staden van die Beeld-Kinderfonds, mnr. Kevin Kitchenbrand van UOAS, mnr. Arnold Prinsloo van Eskort en mnr. Piet Joubert van Aïda-eiendomsagente. Foto: Lisa hnatowicz