Gordhan moet sê oor tolgeld

2012-02-07 22:27

Kaapstad. – Mnr. Pravin Gordhan, minister van finansies, moet binne die volgende drie weke besluit of tolgeld wel op die nuwe Gautengse snelweë gehef gaan word.

Mnr. S’bu Ndebele, minister van vervoer, het gister aan Beeld gesê dié verantwoordelikheid is by die onlangse kabinet-lekgotla aan Gordhan gedelegeer.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral), wat die paaie laat bou het en die tolgeld wil hef, is ’n entiteit van die departement van vervoer.

Sanral sou reeds vandeesmaand begin het om tolgeld te hef, maar dit is onbepaald uitgestel nadat verskeie organisasies, waar­onder die Automobiel-Assosiasie (AA), die vakverbond Cosatu en opposisiepartye beswaar aangeteken het en die publiek selfs ontmoedig het om aan die proses deel te neem.

Veral Cosatu het sterk standpunt ingeneem en beplan steeds ’n landwye staking in Maart om die regering sover te kry om die tolstelsel te laat vaar.

Ndebele het gesê Gordhan het al die inligting oor die saak tot sy beskikking.

“Die petisies, die verklarings, al die inligting is by die minister van finansies. Hy sal nou al die faktore in ag moet neem, soos die finansiële implikasies en die tegniese aspekte.

“Daarna sal hy ’n besluit oor die saak neem. Ons verwag hy sal net ná vanjaar se begrotingsrede ’n aankondiging oor die saak doen.”

Sanral het die tolgeld nodig om die skuld te delg wat aangegaan is om die nuwe paaie te bou.

Die agentskap het ’n skuldlas van bykans R28 miljard.

Beeld verstaan Sanral is kontraktueel verplig om die tolstelsel in te stel omdat die projek gebou is op ’n plan waarvolgens tolgeld betaal sal word.

Dié tol­proses moet voortgaan tensy Sanral ’n alternatiewe opdrag van regeringskant ontvang.

Die Gautengse regering het reeds aan die einde van die 1990’s besluit om die paaie te bou. In 2008 het die nasionale regering ingestem dat tolgeld gehef sal word om vir die projek te help betaal.

Die tesourie se woordvoerders kon nie gister vir kommentaar bereik word nie.

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BI SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Apple Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Android developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.