Groenteboer sterf ná skote deur slaapkamerdeur

2010-03-21 22:18

Mnr. Koos van Staden (60), ’n groenteboer van die Kleinfontein-distrik buite Brits, en sy vrou, Heleen (57). Hy is Vrydagaand tydens ’n gewapende aanval op sy plaas doodgeskiet. Foto: Verskaf

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Nóg ’n boer is doodgeskiet.

Mnr. Koos van Staden (60), ’n groenteboer van die Kleinfontein-distrik, ’n wildkamp sowat 20 km buite Brits in die Noordwes, is Vrydagnag in sy slaapkamer vermoor.

Hy is geskiet terwyl hy gespook het om sy vrou, Heleen (57), teen hul aanvallers te beskerm.

Die deur van die slaapkamer was gesluit, maar die rowers het dit met geweld oopgeskop. Van Staden het die deur met “al sy krag” probeer toehou. Die rowers het in die struweling twee skote deur die kamerdeur geskiet.

Van Staden het ook op die aanvallers geskiet, waarna hulle gevlug het.

Mnr. Johan Booyens (55), Van Staden se swaer, het gesê mev. Van Staden het die aand verskeie kere opgestaan nadat hul honde erg geblaf het.

“Hulle het aanvanklik niks vermoed nie omdat hulle in ’n wildkamp woon en bokke gereeld naby die heining wei.

“Omstreeks 12:45 het die huis se alarm afgegaan en Heleen het stemme in die huis gehoor. Die veiligheidsmaatskappy het dadelik gebel en Heleen het gesê hulle moet ‘kom help’.

“Toe die rowers die deur oopskop, het sy en haar man dit van binne probeer toedruk,” het Booyens vertel.

Mnr. Kobus van der Walt (29), die egpaar se buurman, was kort ná die voorval op die toneel. Volgens hom is Van Staden geskiet terwyl sy vrou gehardloop het om sy rewolwer te kry.

“Toe sy die rewolwer vir hom gee, het hy op die aanvallers geskiet,” het Van der Walt vertel.

Booyens het gesê Van Staden het daarna badkamer toe gestrompel en gesê hy “voel sleg”.

“Tóé eers het hulle agtergekom hy is raakgeskiet. Die koeël is naby sy sleutelbeen in en agter by sy rug uit. Hy het verskriklik gebloei,” het Booyens gesê.

Van Staden se seun Christiaan (28), wat sowat 5?km van sy pa af woon, het hom gaan oplaai en met hom Brits toe gejaag. Hy is egter met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Volgens Booyens is die egpaar se twee honde ook vergiftig. Een is dood.

Van der Walt sê die polisie het eers sowat ’n driekwartier ná die voorval op die plaas aangekom. “Daarna het die honde-eenheid sowat 11 ure later opgedaag om na die verdagtes te soek.”

Supt. Lesego Metsi, polisiewoordvoerder, het gesê die aanvallers het by ’n gat in die elektriese heining langs die kant van die huis deurgekruip en toe die voordeur oopgedwing.

Die polisie ondersoek ’n klag van moord en mense met inligting kan die Brits trio-taakspan kontak by 082 843 2099 of 083 361 5457.
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
24 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T FSi Attraction MY09
2008
R 209,900.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2008
R 329,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.