Groepe veg vir Pretoria

2012-02-21 22:53

Talle belangegroepe sal die regering se planne teenstaan om Suid-Afrika se hoofstad na Tshwane te hernoem.

AfriForum, die VF+ en die Nasionale Belastingbetalersunie (NBU) het gister gesê hulle is gekant teen die naamsverandering en sal ’n verenigde front vorm om te keer dat die planne deurgevoer word.

Me. Nomvula Mokonyane, Gautengse premier, en mnr. Paul Mashatile, minister van kuns en kultuur, het eergister gesê die kwessie oor die naam van Suid-Afrika se hoofstad moet voor die einde van 2012 uitgeklaar word.

Die saak moet dringend gefinaliseer word, het Mokonyane gister in Pretoria gesê. “Ons moenie druk uitoefen nie, want dit is ’n sensitiewe saak en daar is emosies aan albei kante, maar ons kan nie ons erfenis vier te midde van onsekerhede nie. Die land moet vorentoe beweeg en versoening gaan gepaard met naamsverandering.”

Dr. Pieter Mulder, VF+-leier, het gesê hy dink die naamsverandering is ’n politieke skuif om punte te wen in die aanloop tot die ANC se leiersverkiesing in Desember vanjaar.

“’n Naamsverandering van Suid-Afrika se hoofstad is nie ’n saak wat net so afgehandel kan word nie. Ek is kwaad oor die goedkoop manier waarop hulle dink hulle die verandering so vinnig kan laat deurglip. Versoening en samewerking word op die agtergrond geplaas ter wille van ANC-belang. Ons sal op alle terreine daarteen veg, dit is onnodig.”

Mnr. Jaap Kelder, voorsitter van die NBU, het gesê die koste van die naamsverandering kwel hom.

“Dit is absolute nonsens. Die metro is Tshwane, maar Pretoria was en is en bly die hoofstad. Daar is geen rede waarom hulle daardie naam moet verander behalwe dat die ANC elke Afrikaanse naam wil verander nie.”

Mashatile het gesê hy beoog vergaderings tussen die stadsraad van Pretoria, AfriForum en ander belangegroepe oor die kwessie.

“Ons moet ons verskille uitstryk en duidelikheid kry oor wat van Pretoria oorbly. Ons moet besluit wat ons die hoofstad van Suid-Afrika gaan noem.”

’n Formele raadplegingsproses sal ook plaasvind voordat ’n finale besluit geneem word.

Mnr. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê hulle het al informeel met die stadsraad gepraat oor die kwessie en sal graag deelneem aan ’n formele konsultasieproses en samesprekings met die minister.

Mnr. Salin Joseph, president van die Tshwane-sakekamer, het gesê hulle wil nie tans standpunt inneem oor die naamsverandering nie. “Geen individu het die reg om daaroor te besluit nie. Die stad se inwoners moet sê of die naam Tshwane of Pretoria sal wees.”

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.