‘Grond sal bepaal of daar vergifnis sal wees’

2010-05-26 00:21

Kaapstad. – Die vergewensgesindheid van swart Suid-Afrikaners moet nie as vanselfsprekend aanvaar word nie, het mnr. Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, gister gewaarsku.

Hy het tydens sy begrotingstoespraak in die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) gesê ware versoening kan nie gebeur sonder dat die “grondvraagstuk” ingevolge die ANC se Polokwane-kongres opgelos word nie.

Hoewel die Waarheid-en-versoeningskommissie getoon het swart Suid-Afrikaners kan vergewe, is ’n gemeenskaplike poging nodig om die “woede, bitterheid en pyn” van dié wat wreed gely het te versag.

Die minister het egter steeds geen praktiese planne ter tafel gelê om dit te verwesenlik nie. Die groenskrif oor die regering se nuwe benadering tot grondhervorming is ná maande steeds nie klaar nie.

Hy het egter herhaal die regering is vasbeslote om ’n nuwe vorm van verblyfreg op drie vlakke in werking te stel.

Daarvolgens sal private eiendomsreg “beperk” word.

Nkwinti het gister gesê boere sal beperk word wat die hoeveelheid grond wat hulle mag besit betref. Hy voorsien nie “dat dit probleme sal afgee nie”.

“In die debat wat oor dié kwessie wat sal volg... indien daar onder meer bepaal word 1 000 ha landbougrond is ’n voldoende hoeveelheid grond (vir een persoon), en Nkwinti besit 2 000 ha, sal Nkwinti 1 000 ha moet afstaan.”

Volgens hom sal die grond wat afgestaan word – dis onduidelik hoe dit sal gebeur – nie vir produksie verlore hoef te gaan nie en sal die regering seker maak die grond word behoorlik benut.

“Die doel is nie om produksie aan te tas nie, die doel is eerder om skewe patrone van grondbesit te verander.”

’n Nuwe grondbestuurkommissie wat op die been gebring sal word, gaan volgens Nkwinti daarvoor verantwoordelik wees “om die integriteit van grond as nasionale bate te beskerm”.

Die minister het gesê dit sal die regering eerste opsie gee op landbougrond wat te koop is.

Me. Annette Steyn, DA-LP, het gesê die regering sal die groenskrif nie nou al bekend stel nie.

“Dis duidelik hulle wag tot ná WB 2010... hulle wil nie met die wêreld se oë op ons drama oor grond hê nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
95 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY02
2003
R 95,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

MINI

Cooper Hatch R56 1.6 3-dr
2008
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.