Grutonele beskryf waar ma vermoor is

2010-05-27 14:11
Phetoke Cedric Lebea (24) toe hy verlede jaar in K

Phetoke Cedric Lebea (24) toe hy verlede jaar in Krugersdorp gevonnis is vir die moord op mev. Marinda 0’Dell. Lebea het haar met ’n mes vermoor en haar dogter gewurg. Foto: Herman Verwey

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Amanda Roestoff

’N 17-jarige meisie het “gorrelgeluide gemaak en spoeg het uit haar mond geloop” toe die polisie haar aangetref het in die gesin se huis in Noordheuwel, Krugersdorp, waar haar ma vermoor is.

Ao. Lourens Jacobs van die Wes-Randse honde-eenheid het gister die grusame tonele in die huis in die verhoor van mnr. Mphaphantsi Stanley Mabulana (28) voor landdros Vivian Hawkins beskryf.
Hy is die tweede beskuldigde in die saak.

Mabulana staan tereg op aanklag van moord op mev. Marinda O’Dell (48), huisbraak met die opset om te roof en poging tot moord. Hy ontken skuld op al drie aanklagte.

O’Dell, ’n arbeidsterapeut, se keel is op 29 Julie afgesny. Haar dogter, Alicia (toe 17), is voor die moord op haar ma in die huis oorval, met ’n breekyster op die keel geslaan en gewurg totdat sy flou geword het.

Jacobs het getuig hoe hy mev. O’Dell se lyk by die laaste trap op die boonste verdieping van die huis in Magaliesbergstraat gevind het.
 “Haar gesig was vol bloed. Daar was ’n groot gat in haar linkerskouer en sy het snymerke van links na regs oor haar keel gehad.”

O’Dell se dogter is in haar kamer langsaan aangetref waar sy op haar rug op die vloer gelê het. “Sers. Coetzee, wat mediese opleiding gehad het, het na die dame begin omsien,” het Jacobs getuig.

Hy het die toneel in die hoofslaapkamer met bloedspatsels op die mure beskryf en vertel hoe hulle ’n breekyster agter die bed versteek gevind het.

’n Luik in die dak van die hoofslaapkamer het die polisie op die spoor van mnr. Phetoke Cedrick Lebea (29) gesit, wat toe in die dak in hegtenis geneem is. Daar is nog nie getuig hoe Mabulana gearresteer is nie.

Lebea dien tans lewenslange tronkstraf in die Leeuwkop-gevangenis uit weens sy rol in die aanval.

Hy is op 20 Oktober ook tot 15 jaar tronkstraf gevonnis weens huisbraak met die opset om te roof en roof met verswarende omstandighede. Hy sal eers vir parool in aanmerking kan kom wanneer hy 53 is.

Hy sal in Oktober, wanneer die verhoor hervat word, vir die staat getuig.
 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY02
2003
R 95,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

MINI

Cooper Hatch R56 1.6 3-dr
2008
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.