‘Handel wet vir DNS-databasis in SA nóú af’

2011-10-30 21:54

Dit is hoog tyd dat die wetgewing vir die regulering van ’n reuse-databasis van DNS-profiele van alle misdadigers in Suid-Afrika afgehandel word.

Só het me. Vanessa Lynch gesê. Sy is ’n voormalige prokureur wat haar sedert haar pa in 2004 vermoor is, beywer vir beter benutting van DNS om misdaad te bestry.

Lynch, wat betrokke is by DNA Project SA, het op die derde jaarlikse Afrika-konferensie oor forensiese DNS gesê kenners werk aan voorgestelde wetgewing vir so ’n stelsel nadat vorige wetsvoorstelle nie deurgevoer is nie.

Kapt. Prince Msomi, ’n senior forensiese ontleder van die polisie se DNS-databasis, het gesê daar is tans geen wetgewing wat die proses reguleer nie.

Daar is al voorgestel dat almal wat by sogenaamde kontakmisdaad, soos verkragting en moord, betrokke is, verplig word om DNS-monsters te verskaf en dat die DNS-profiele van dié wat skuldig bevind word minstens 30 jaar in ’n databasis bly.

Volgens Lynch is vorige voorgestelde wetgewing vir polisie-gebruik van DNS nie deurgevoer nie nadat menseregte-aktiviste beswaar daarteen gemaak het op grond van mense se reg op privaatheid en die portefeuljekomitee wat die voorstelle gehanteer het ná die 2009-verkiesing ontbind is.

Kenners werk nou aan ’n tweede dokument waarop die publiek kommentaar sal kan lewer voordat die parlement dit goedkeur.

’n Regeringtaakspan was in Junie in Brittanje en Kanada om te kyk hoe sulke DNS-databasisse gereguleer word.

Volgens Lynch is daar kommer oor die koste van so ’n projek. Die plan is dus om aanvanklik daarop te fokus om ernstige misdaad te bekamp.

Daar is onder meer voorgestel dat DNS-profiele eers verkry word van sekere kategorieë misdadigers, soos verkragters, moordenaars en mense wat vonnisse van vyf jaar of meer tronkstraf gekry het.

Die stelsel kan dan later uitgebrei word om almal in te sluit wat skuldig bevind is aan misdade waarvoor hulle tot minstens twee jaar tronkstraf gevonnis is. 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

sycomachinery sê... Daar moet seker geld te maak wees uit die tiepe scheme,hoekom anders doen mense dit so gereeld. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.