Hartdokter vermoor

2010-02-04 02:02
Hartdokter in sy huis vermoor

Mev. Willemina Habile (60), dr. Francois Steenkamp (71) se huishulp wat gisteroggend op sy lyk in sy huis in die Newlands Park-aftreeoord in Pretoria afgekom het. Foto’s: theana calitz

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Afgetrede kardioloog wat jare lank in die Medi-Clinic-harthospitaal in Arcadia gewerk het, is wreed in sy huis in die Newlands Park-aftreeoord in Pretoria vermoor.

Dr. Francois Steenkamp (71) is glo erg aangerand, sy kop stukkend geslaan en sy hande agter sy rug vasgebind.

Mev. Willemina Habile (60), Steenkamp se huiswerker, het gister omstreeks 08:30 op sy lyk afgekom.

Kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, het gesê Steenkamp het ’n groot wond aan sy kop gehad en dit lyk of hy met sy moordenaars gestoei het.

Volgens Weilbach was die huis erg geplunder en byna elke hangkas en laai uitgegooi. Daar was egter geen teken van gedwonge toegang nie.

Sy het gesê die moordenaars het met Steenkamp se wit Toyota Tazz gevlug.

Volgens ’n betroubare bron is verskeie meubels in die huis rondgeskuif of -gegooi.

Habile het gister aan Beeld gesê toe sy daar kom, was die veiligheidshek oop en die voordeur op ’n skrefie oop.

“Ek werk gewoonlik Maandae vir mnr. Steenkamp, maar vanoggend moes ek kom, want daar was komberse wat ek moes uithang. Ek het die deur oopgestoot en ingestap. Ek het geroep, maar hy het nie geantwoord nie.

“Toe ek in die kamer kom, het ek voete onder die bed sien uitsteek,” het Habile vertel.

Weilbach het gesê Habile het na die verpleegsters in die aftreeoord gehardloop en hulle het Steenkamp se kinders en die polisie ontbied.

Dié moord is gepleeg kort nadat die onderneming wat verantwoordelik is vir veiligheidsmaatreëls in die oord in die pad gesteek is omdat die onderneming glo “te slap” is.

“Dié man was een van die beste hartspesialiste in Pretoria en nou is hy dood,” het mnr. John Corbitt (72), Steenkamp se buurman, gesê.

Volgens hom het twee mans twee weke gelede eenvoudig by die hoofhek verby die veiligheidswagte gestap en ’n vrou se handsak, selfoon en juwele uit haar huis gesteel.

“Ons (die inwoners) het besluit om ontslae te raak van die veiligheidsonderneming, want hulle het volgens ons nie hul werk gedoen nie. Dié maatskappy sal net tot einde vandeesmaand hier wees en dan neem iemand anders oor.”

Habile het gesê toe sy vir Steenkamp begin werk het, het sy kinders gewaarsku dat hy “baie parmantig” kan wees.

“Maar ons het mekaar lekker verstaan.

“Nou is hy dood, maar ek weet hy is by die Here.”

Steenkamp het die afgelope vyf jaar in die oord gewoon.

Sy twee seuns en dogter wou gister by sy huis nie met die media praat nie.

Weilbach het gesê die Sunnyside-trio-taakspan ondersoek ’n klag van huisroof en moord. Mense met inligting oor die voorval kan die polisie se noodnommer 10111 bel.

- Beeld

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Passat 1.9 TDi Comfortline Dsl MY06
2006
R 199,595.00

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

ISUZU

KB300 TDi D-Cab LX Dsl MY04
2005
R 149,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.